Mei 2025

Die Mei 2025-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!

Riana Nel is terug in die ateljee! In ons voorbladartikel deel die geliefde sangeres eerlik oor hoe sy op die punt was om op te gee, maar telkens deur die Woord van God bemoedig is. Sy getuig van hoop, volharding, en hoe haar kreatiewe uitdrukking en identiteit gewortel is in haar geloof. Ons delf ook in die tema van lewensmoegheid – hoe om dit te verstaan, te konfronteer en te oorkom.

Hierdie uitgawe bied ’n verskeidenheid artikels wat jou sal boei: van vrae oor Noag se vloed en nuwe bewyse oor die ark, tot praktiese onderwerpe soos hoe om geestelike gehoorverlies raak te sien, hoe om voëls na jou tuin te lok, en hoe Christene eenvoud in hul lewens kan nastreef.

Ons kyk na ons Bybelse karakter van die maand, Lasarus, en verken die vraag: Mag Christene Ozempic gebruik om gewig te verloor?

Lees ook hoe tuinmaak as sielsorg kan dien, en wees bemoedig deur getuienisse van mense wat God se krag in moeilike tye beleef het. Hierdie uitgawe is propvol inhoud om jou te bemoedig en toe te rus. En moenie ons gewilde pretbladsye, Bybelvasvrae en inkleurpret misloop nie! Kry jou kopie vandag by jou naaste winkel!

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

VOORBLADARTIKEL:
Riana Nel Terug In Die Ateljee! ‘Ek Wou Onttrek En Opgee, Maar Die Woord Moedig My Aan.’

NUUS:
Wie’s In Die Nuus?
Nuus
NG Kerk Namibië Maak Bande Los Met Algemene Sinode
Aktuele Nuus: ’n Belangrike Dag Vir Die Geskiedenisboeke

ARTIKELS:
Goeie Nuus Vir Elke Dag Se Lewe
Groei In Die Here: Wees In Die Regte Wingerd
Is Ons Die Laaste Generasie?
Dit Is Meer As ’n Lening, Dit Is ’n Toekoms
Ruimte Om Te Groei: Tuinmaak As Sielsorg
Hoe Om Voëls Na Jou Tuin Te Lok
Die Vloed Van Noag Se Tyd: Was Dit Werklik Wêreldwyd?
Is Noag Se Ark Gevind? Nuwe Bewyse Vanaf Berg Ararat
Beskerm Jou Besigheid Se Toekoms
Mag Christene Ozempic Neem Om Gewig Te Verloor?
Konstantheid Deur Veranderinge

REEKSE:
Het Jy Geweet?
Karakters Van Die Bybel: Lasarus
Vaardighede: Geestelike Gehoorverlies

SENDING EN GETUIENISSE:
Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
Die Here Daag Altyd Op: Wanneer God Ver Voel En My Emosies Wankel
–’n Kragtige Koninkryksinisiatief In KwaZulu-Natal – CfaN
Opelugveldtogte Wat Harte Verander En Lewens Transformeer – Divine Evangelism
Ondersteun ICEJ Se Humanitêre Missie In Israel
Reini Se 10 000 Km-Stapreis Met ’n Kruis

RUBRIEKE:
Ewige Lewe Saam Met God – Redakteursbrief
Skaakmat: Hoe Die Koning Die Spel Verander – Gawie De Lange
Lewensmoegheid: Verstaan Dit. Konfronteer Dit. Oorkom Dit. – Rudi Briel
Hoe Leer Ek My Kind Van Die Toring Van Babel? – Herman De Kock
Nie ’n Enkele Normale Dag Nie – Maretha Maartens
Leef Eenvoudig, Leef Voluit – Lisa Polson

GEREELD:
Briewe Aan Die Redaktrise
Soek Die Woord
Toets Jou Bybelkennis
Blokraai
Inkleurpret
Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
Gebed Vir Bekering