Februarie/Maart 2025

Die Februarie/Maart 2025-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar

Die Februarie/Maart-uitgawe van JUIG! Tydskrif is hier – propvol insigte, inspirasie en geloof! Hierdie maand vier ons liefde, groei en God se trou met Retief en Isabel Burger, wat terugkyk op ’n dekade van huwelik. Met nuus oor die BELA-wet, Trump se nuwe termyn, en Israel se vrygelate gyselaars, hou ons jou ook op hoogte van aktuele sake wat Christene raak.

Verder inspireer ons jou met getuienisse soos ’n eksbendelid wat nou die armes voed, en hoe sendelinge hoop bring aan gemeenskappe regoor die wêreld. Ons delf in belangrike temas soos hoe om jou saak met God reg te kry, en ons verken vyf Bybelse figure wat ons lewenslesse oor geduld leer. Ontdek die diep simboliek van plante in die Bybel, verstaan hoekom ’n testament noodsaaklik is, en lees Demi-Leigh Tebow se gids oor hoe om God te vertrou in elke seisoen van jou lewe.

Met bemoedigende artikels, preke en dagstukkies wat jou hart sal verryk, asook aktiwiteite soos Bybelvasvrae en inkleurpret, is hierdie ’n uitgawe wat jy nie wil misloop nie! Kry jou kopie vandag by jou naaste winkel.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

VOORBLADARTIKEL:
– Retief En Isabel Burger: ’n Dekade Van Liefde, Groei En God Se Trou

NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus
– Trump 2.0 – Amerika Is Terug!
– Israel Se Vrygelate Gyselaars
– Wat Is Die ‘BELA’-WET: En Waarom Die Kontroversie?

ARTIKELS:
– Hoe Kry Ek My Saak Met God Reg?
– Verandering, Vooruitgang En Dit Wat Vas Bly Staan
– Waarom Het Ek ’n Testament Nodig?
– Nuwe Lof – Dra Jou Kennis Oor!
– Demi-Leigh Se Gids Tot Vertroue Op God
– Vyf Mense In Die Bybel Wat Ons Leer Oor Geduld
– Die Geskenk Van Alles Verloor
– Duur Liefde
– Plante Van Die Bybel
– Stille Helde Van Ons Gemeenskappe: Die Maatskaplike Werker
– Genade & Eer

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Saulus Van Tarsus
– Vaardighede: Waarom Is Dit So Moeilik Om Mense Te Verstaan? Deel 3

SENDING EN GETUIENISSE:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
–’n Wen vir Christus
– Eksgangster Voed Die Hongeriges
– Herstel Die Nette Vir Die Volgende Groot Vangs – Cfan

RUBRIEKE:
– Redakteursbrief – Ontdek Jou Godgegewe Roeping
– 3 Punte Om Oor Na Te Dink: Voorsiening
– Van Vriendskap Tot Vriendskap – Maretha Maartens
– Hoe Leer Ek My Kind Van Sonde? – Herman De Kock
– Kruispaaie – Rudi Briel
– Geroep As Diepseeduikers – Lisa Polson

GEREELD:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Gebed Vir Bekering