JUIG! Augustus 2013
JUIG! Augustus 2013
In die Augustus-uitgawe van JUIG!, wat 22 Julie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, skop ons af met die vraag of Christene lewensonderhoudende masjiene mag afsit. Dr. Elreza Mulder getuig van die krag van gebed tydens ʼn rooftog in die huis en ons volg dit op met ʼn artikel oor trauma en hoe Christene dit moet hanteer. In Lof met Louis raak Louis Brittz liries oor ʼn duisend manne wat saam God se lof uitdawer. Kom vind uit of daar hoop is vir gevalle helde, soos Lance Armstrong en Oscar Pistorius en lees in aansluiting daarby Bennie Mostert se artikel, ‘My ware identiteit’. Kom lees ook oor ons eie Suid-Afrikaanse held uit die geskiedenis, Danie Theron. Die gereelde reekse oor die boeke van die Bybel en die tien gebooie word voorgesit met die boek van Numeri en die Vyfde Gebod. Kry ʼn kykie hoe God deur die eeue uitvindings en tegnologiese ontwikkeling gebruik het om die Evangelie te versprei, in ‘Kubersending’. Ds. Dirkie van der Spuy lig ons in oor die groei van die Kerk in lande waar Christene vervolg word. Lesers kry geleentheid om te lees oor die sanger op ons voorblad, Ella Kritzinger ̶ hoe God ʼn doodgewone huisvrou kan roep en gebruik om genesing in ander vroue se lewens te weeg te bring en maak kennis met die gholfspeler, Jake Roos.
- Pitkos
- Die Groot Besluit ̶ Mag Ons Lewensondersteunende masjiene afsit?
- Sirië ̶ Geopende Deure
- is Daar Hoop Vir ʼn Gevalle Held?
- Bruce Wilkinson Loods ‘Teach Every Nation’ In Suid-Afrika
- Die Vyfde Gebod: Eer Jou Vader En Jou Moeder
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Numeri
- My Ware Identiteit: Bennie Mostert
- Kubersending ̶ God Se Volmaakte Tydsberekening
- Wat Laat Kerke Groei: Dirkie van der Spuy
- Ella Kritzinger ̶ God Se Horlosie, Nie Myne Nie
- Lof Met Louis ̶ As Die Manne So Sing
- Trauma ̶ Hoe Moet Christene Dit Benader?
- Oorval Deur Rowers
- Mans Julle Moet Julle Vroue Liefhê: Piet Strauss
- Tuisskoling ̶ ʼn Leefstylkeuse Wat ʼn Lewenswyse Word
- Jake Roos
- Bloemfontein
- Danie Theron ̶ Held Van Die Anglo-Boereoorlog
- Ware Nederigheid: Angus Buchan