Junie/Julie 2013

JUIG! Junie/Julie 2013
JUIG! Junie/Julie 2013
Buite-egtelike verhoudings is toenemend ʼn bydraende faktor tot egskeidings. In die Junie/Julie-uitgawe van JUIG!, wat 10 Junie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, kan jy uitvind of versoening na ʼn buite-egtelike verhouding moontlik is. Versoening behels natuurlik vergifnis en in Greg Blair se artikel, ‘Vergewe Vanuit die Hart’ word die stappe van vergifnis bespreek. Daar word ook verder op die huwelik gefokus in ‘Herstel van die Huwelik’. Daar is praktiese raad vir die opstel van testamente, hoe om ʼn positiewe denke ten opsigte van werksverlies aan te kweek, en in pas met die viering van Vadersdag’, gesels Angus Buchan oor vaderskap. Die geskiedenis en konflik rondom Palestina word verduidelik en ons eie Afrikaanse Geskiedenis word in herinnering geroep met artikels oor die Voortrekkermonument en die ontstaan van Pretoria. Louis en Hettie Brittz gesels met ons oor hulle doelstelling vir 2013, en gee ons ʼn kykie in hulle verhouding met God en insig in Sy wonderlike verlossende genade.
- 15 Feite Oor Palestina
- Die Nuwe Aangesig Van Vervolging In China ̶ Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Levitikus
- die Vierde Gebod: Eer Die Dag Van Die Here
- Louis Brittz: Luister Vir die Klankbaan Van Herlewing!
- Kry Jou Sake In Orde
- Om In Vrede Te Leef
- Die Bybel En Depressie
- Vergewe Vanuit Die Hart
- In ʼn Oorgangsproses ̶ Jacob’s Well
- Lof Met Louis ̶ Voordat Jy ʼn CD Maak
- Laat Jou Passie Brand Met Flam!
- Buite-egtelike Verhoudings: Is Versoening Moontlik?
- Herstel Van Die Huwelik
- Ek Gaan Jou Mis, Gladys
- Ek Verstaan God Nie: Bennie Mostert
- Pretoria: Andries Pretorius Se Erfenis
- Die Voortrekkermonument
- Vaderskap