JUIG! Augustus 2014
JUIG! Augustus 2014
In ons Augustus-uitgawe met Ilse Roux op die voorblad, kan jy meer lees oor hierdie gesogte trourokontwerper met ʼn passie vir die Bruid van Christus en gesonde huwelike. Lees in aansluiting hierby die artikel, ‘Genees die Pyn’, met praktiese advies om konflik in die huwelik op te los, asook ʼn insiggewende artikel van Gretha Wiid hoe om die stille verslawing van pornografie die hoof te bied. Vind uit hoe jy betrokke kan raak by FOR SA wat namens die Christen-kerk oor geregtelike kwessies praat en hoe jy vervolgde Christene in samewerking met Geopende Deure kan bemoedig. Peter Hammond gee uiters interessante feite weer in sy geskiedenisartikel oor die 100ste herdenking van die Eerste Wêreldoorlog en bespreek in nog ʼn geskiedenisartikel, die eerste sendeling na Suid-Afrika, Georg Schmidt. Lees die artikels oor Vladimir Putin en dagga vir medisinale gebruik en gee ons jou mening. Lees ook ʼn treffende artikel, ‘Seuns en Huurlinge’ van Angus Buchan. Hierdie nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif sal 21 Julie op die rakke beskikbaar wees. Moet dit nie misloop nie!
- Silwerkroon-toekenning
- FOr SA ̶ ʼn Mondstuk Vir Die Christen-kerk In Suid-Afrika
- Vat Hande Om Vervolgde Christene Te Bemoedig ̶ Geopende Deure
- Is Vladimir Putin ʼn Christen?
- Dagga Vir Medisinale Gebruik ̶ Die Argument Om Die Dwelm Te Wettig
- Dagga Vir Medisinale Gebruik ̶ Waarom Dit Gevaarlik Is
- God Is Steeds Op Sy Troon
- Jesus In Die Bybel
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Nehemia
- Emosionele Bagasie: Dawie Spies
- Sekulêre Invloed En Materialisme In Die Kerk: Bennie Mostert
- Pornografie ̶ ʼn Stille Geheim: Gretha Wiid
- Ilse Roux ̶ Getrou Aan Jesus
- Genees Die Pyn
- As Ek Geweet Het Dit Is Die Here: Stephan Joubert
- Seuns En Huurlinge: Angus Buchan
- Laat Jou Lewe Spreek: Myan Subrayan
- Die Eerste Wêreldoorlog
- Georg Schmidt En Die Morawiese Sending In Suid-Afrika
- Lof Met Louis ̶ Hoe ‘Kook’ ʼn Mens Vir Die Koning?
- Dominus Illuminatio Mea ̶ Die Here Is My Lig
- Oom Karoolus En Lente Se Moewie
- Karien Basson
- Op Die Man Af! ̶ Dissipel Van Jesus: Ons ‘Gewilde’ Slagspreuk