Augustus 2015

JUIG! Augustus 2015
In die Augustus-uitgawe van JUIG! wat 20 Julie op die rakke beskikbaar sal wees, dek ons ʼn verskeidenheid interessante onderwerpe. Ons bespreek godsdienskwessies soos: Hoe verskil die Islamitiese djihad van die geweld in die Ou Testament; die Antichris; en wie of wat is die Moslem Mahdi. Daar is twee interessante artikels oor ewolusie en die skepping – in, ‘Kan al daardie wetenskaplikes verkeerd wees’, word ondersoek ingestel na verkeerde wetenskaplike oortuigings wat vir hondere jare lank voortgeduur het omdat dit op filosofiese idees en nie op waarneming gebaseer was nie. In ons sendinggedeelte vier ons saam met Geopende Deure 60 jaar van diens aan die vervolgde Kerk met ʼn artikel oor Broer Andrew, die geliefde stigter van die bediening. In die artikel, ‘Moord in Kaboel’, deel Hannelie Groenewald haar getuienis met ons nadat haar man en kinders vir Christus in Afganistan gesterf het. Hettie Brittz spreek in die artikel ‘Is Gesag uit die mode?’ die kwessie rondom ouerlike dissipline en gesag aan en ons bied praktiese raad aan diegene wat hulle werk verloor het. Dr. Peter Hill spreek die aktuele saak van vetsug en die metaboliese sindroom aan. En laaste maar beslis nie die minste nie, ons gesels met Elza Meyer oor haar bediening, die uitdaging aan die Kerk en haar lewensdroom. Lekker lees!

- Ek Glo Nie In Ateïste Nie
- Kan Al Daardie Wetenskaplikes Verkeerd Wees?
- TWR Nuus
- Broer Andrew ̶ Geopende Deure
- Die Antichris
- Die Moslem Mahdi
- Hoe Verskil Die Islamitiese Djihad Van Die Geweld In Die Ou Testament?
- Die Hart Van Elza Meyer
- Sippora: Gerald Ferreira
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Jeremia & Klaagliedere
- Omskep Die Alledaagse In Feesgeleenthede: Stephan Joubert
- Christenskap In Die Werksplek