Junie/Julie 2015

JUIG! Junie/Julie 2015
As jy ernstig is oor die kerk en die welstand van die Liggaam van Christus is hierdie uitgawe van JUIG! een wat jy nie moet misloop nie. Ons redaktrise en van ons lesers lug in die artikel, ‘Die Kerk moet Ruggraat hê’, hulle mening oor die Belharkwessie en die toenemende druk op die Kerk wêreldwyd om by ʼn liberale wêreldbeskouing aan te pas. Laat ons weet wat jóú mening is. In ʼn roerende artikel gee ons die toespraak weer wat rabbi Jonathan Cahn onlangs by die VN gelewer het. Hierin doen hy ʼn beroep op die wêreld om die stilswye te verbreek omtrent die uitmoor van Christene in die Midde-Ooste en iets daaromtrent te doen. Bennie Mostert rapporteer terug oor die positiewe feite te midde van die vervolging in Sirië en ons bied jou die geleentheid om prakties iets te doen om die vervolgde Christene in die Midde-Ooste by te staan. Louis Brittz en ʼn paar tieners lig ons in oor die #Imagine-fees wat besig is om die jeug van ons land te begeester. Gerald Ferreira sluit in hierdie uitgawe vir die eerste keer by ons aan as een van ons medewerkers. Gretha Wiid spreek die kwessie aan van ouers wat te veel van hulle kinders verwag en Stephan Joubert praat oor die pad van selfverloëning wat oor die brug van gesonde verhoudings loop. Ons voorbladartikel handel oor Anthonie Bougas, aanbieder van onder meer Solis vir Christus en Tienerzone. Vind meer uit oor hierdie jongman wat soveel geleenthede vir die Afrikaanse jeug in Suid-Afrika skep en ʼn hart vir Christus het. Die Junie/Julie-uitgawe van JUIG! sal 20 Julie op die rakke beskikbaar wees. Lekker lees!
- Die Kerk Moet Ruggraat Hê!
- In Hemelsnaam...Doen Wat Reg Is!
- Genesing Van Die Verlede ̶ FEBA
- Colombia ̶ Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Jesaja
- Antwoorde Op Jou Netelige Bybelse Vrae
- Meester Gee U Nie Om Nie: Gerald Ferreira
- Vasgevang In Die Selflewe: Angus Buchan
- Christenskap In Die Werksplek
- Om Die Liefde Te Leef
- Mars En Venus Ontmoet Hier Op Aarde: Stephan Joubert
- Bybelse Berading Is Die Goeie Nuus
- Hoekom Word Jy Alewig Siek?
- Vetvry! My Reis Na Gesondheid
- Moet Jou Vis Kan Boomklim: Gretha Wiid
- Bou Geloof In Jou Kind Deur Literatuur
- Anthonie Bougas – Rolmodel Vir Die Jeug
- Wat Sê Die Jeug Van #Imagine?
- Tygerberg 104FM ̶ Newsboys Basuin dit Uit, God Leef!
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Op Die Man Af ̶ Musiek, Een Van God Se Kragtigste Wapens