In hierdie uitgawe propvol artikels vir die gesin en ouers, is daar heelwat om jou in te lig en te help met jou geloofswandel. Ons voorbladartikel is ’n onderhoud met die stigters van Kruiskyk TV en die getuienis van hoe God hulle geseën het nádat Open View HD besluit het om nie meer die Christelike televisie op hulle sender te laat uitsaai nie. Die Wincklers gesels heerlik oor kinders grootmaak met wysheid en insig en gee nogal oulike wenke vir ouers van jonger kinders.
Maak seker jy is ingelig oor baie belangrike sake wat die wêreld en Christenskap in die toekoms gaan beïnvloed: lees die artikel oor globalisme en hoe Millenniërs die wêreld van môre verwelkom wat ’n wêreldregering meer as ooit ’n werklikheid maak; wees ingelig oor kinders en die gevare van pornografie en hoe om jou kinders te beskerm en lees gerus die getuienis oor alkoholisme en hoe dit ongesiens kan posvat.
Met Nina Smit, Stephan Joubert, Gerrie Bester, Bybel in ’n neutedop, Spreuke en Karakters van die Bybel, is daar volop artikels met bemoediging en kos vir die siel.
Moet beslis nie hierdie uitgawe misloop wat 22 Julie op die rakke sal wees nie. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Die Liggaam Van Christus, Deur Die Oë Van ’n Geopende Deure-Werker
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Vra Jou Vrae
- Blokkiesraai
- Soek Die Woord
- Bid Vir Ons Leiers
- Notre Dame-Brand
- Messiaanse Gelowiges Word In Israel Geteiken
- Die Volgehoue Opmars Van Globalisme
- Die Grootste Teken Van Die Eindtyd
- Kinders & Pornografie, Wat Ouers Moet Weet
- Drank & Christene, Is Jy Dalk ’n Vlak Een Alkoholisme?
- Kruiskyk, ’n ‘Hamer’ In God Se Hand
- 1,2,3,4,5,6 Winckler-Vreugde
- Ek Doen Dit: Stephan Joubert
- ’n Seën As Nalatenskap: Gerald Ferreira
- Sonde-oortuiging, sondebelydenis & Vergifnis
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Judas
- Karakters Van Die Bybel – Job
- Spreuke 7 & 8
- Selfs Voor Jy Jou Eerste Skree Gegee Het, ’n Skriftuurlike Kykie Na Jeremia 1:5 (Deel II)
- Hoop En Herstel Te Midde Van Vernietiging In Mosambiek – FEBA
- Reik Uit Na Christene In Sri Lanka – Barnabas Fund
- Fees Van Die Basuine
- God Maak Jou Bekwaam: Nina Smit
- Vroue Van Geloof
- Van Minderwaardigheid Tot ’n Groot Seën In Gemeenskappe – Shiloh
- Spreek Lewe Uit Oor Jou Kind Se Gees: Tanya Powell
- Wat Sê Die Bybel Oor Finansiële Bestuur?
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Kamp In Die Land Van Sonlig En Sterre
- 4 Jaar & 1 000 Episodes – GROOT Ontbyt
- Kyk nou! Kyk Gou! Dis Hier! RoepRegstreeks