In ons September-uitgawe bekyk ons ’n paar aktuele sake vanuit ’n Christelike perspektief, onder meer die ontplooiing van die weermag in bendegeteisterde gebiede en ’n insiggewende artikel oor seksvoorligting.
Leer die stigter van Family Policy Institute, Errol Naidoo, beter ken en vind meer uit oor VRINNE, die nuwe platform spesiaal vir vroue en vroue-entrepreneurs, begin deur die drie boesemvriendinne, Karien Basson, Rochelle Liedemann en Benescke van Rensburg. Ons loods sommer in hierdie uitgawe ook Benescke se eerste rubriek vir ons, sy sal in die toekoms ook ’n gereelde medewerker in JUIG! wees.
Neil Powell praat oor die dinge wat ons tyd saam met God steel en ds. Willem Badenhorst herinner ons dat ons sterk is in ons swakheid danksy Christus. Ds. Elza Meyer bring ’n baie tydige woord van bemoediging om in geloof aan te hou met die herbou van ons gesinne en ons nasie.
In hierdie uitgawe sluit ons die gewilde Bybel in ’n Neutedop-reeks af met die boek Openbaring.
Moet beslis nie hierdie uitgawe misloop wat 19 Augustus op die rakke sal wees nie. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Bok & Biltong: Dawie Spies
- Vra Jou Vrae
- Soek Die Woord
- Wat Is Jou Goue Kalf: Neil Powell
- Help! Ek Het Nie ’n Mediese Fonds Nie
- Seksvoorligting Sonder Sukkel
- Weermag Ontplooi In Bendegeteisterde Gebiede In Kaapstad
- Family Policy Institute Vier 11 Jaar
- Errol Naidoo Kampvegter Vir Christelike Gesinne
- Skeppingstoer
- ‘Mighty Men’ Van Die Here Dis Tyd!
- Midde-Oosterse Christen-Gesinne In Veilige Hawe Na Jare Van Voortdurende Gevaar
- Aliya, ’n Moderne Wonderwerk En Vervulling Van Profesie
- Karelaine Toere
- Swak = Sterk: Willem Badenhorst
- Blokkiesraai
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Openbaring
- Karakters Van Die Bybel – Rut En Boas
- Spreuke 9 & 10
- Vrinne Vir Vroue
- Speel Jy Met Boublokkies Of Bou Jy Aan God Se Koninkryk: Elza Meyer
- Ma-Wees In ’n Pinterest-Perfekte-Ma-Wees-Wêreld
- Hoekom Is Die Lewe So Swaar?
- God Se Liefde: Nina Smit
- Vroue Van Geloof
- ’n Sny Kaaskoek Of Modder?
- Genees Van Blaaskanker
- Sy Skyn Vir Christus En Bring Hoop Aan Haar Gemeenskap – iThemba Projects
- Geseënd Met ’n Langer En Gesonder Lewe – Oxygen
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Vervloek Omdat Sy Rituele Verwerp, Geseënd Omdat Sy Jesus Kies – Geopende Deure
- Die Volgende Geslag By African Enterprise
- Evangelisasie ‘Van Kaapstad Tot Kaïro’
- Verken Die Addo-Olifantpark Via ’n Selfryroete
- Wie Sien Jy In Die Spieël: Benescke Janse Van Rensburg
- Los’It Beter
- NRO Netwerk-Gids