Augustus 2021

Ons Augustus-uitgawe is spesiaal net vir jou – om jou oë op Jesus te vestig, jou moed in te praat en te herinner dat ons in Jesus die oorwinning oor elke omstandigheid in die lewe het.

Van die leringsartikel, “Die teenmiddel vir geestelike depressie tydens ’n pandemie”, tot die twee artikels, “Moenie moedeloos wees nie” en “Wat sê die Bybel oor geestesgesondheid” is daar insigte, teksverse en waarhede wat jou fokus weer op God sal plaas en jou sal help om te midde van die lyding, verwarring en onsekerheid standvastig te wees en te voel. Die illustrasies is almal dié van Maria Oosthuizen, die kunstenaar op ons voorblad. Lees gerus haar inspirerende en eerlike gesprek met ons oor haar kuns, haar reis met God en ons roeping om diensbaar te wees.

Ouers, lees gerus die artikel, “Gebore vir ’n tyd soos hierdie”. Dit is ’n kragtige verklaring van God se soewereine plan en Sy perspektief oor ons kinders wat in hierdie tye grootword. Lees sommer ook saam met jou kinders die pragtige artikel oor verkleurmannetjies. Vir die pa’s en seuns gaan ons ook voort met die reeks, “’n Vader-en-seun-reis na Bybelse manwees.

Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Maria Oosthuizen – Tot Sý Eer Met Verfkwas En Palet
- Seniors En Die Huwelik: Om Weer Te Trou Of Nie
- Kan My Stem ’n Verskil Maak?
- Woorde Van Wysheid
- Church Of God International Bible College ĺs Vir Jou Ook!
- Die Teenmiddel Vir Geestelike Depressie Tydens ’n Pandemie
- Wat Sê Die Bybel Oor Geestesgesondheid?
- Moenie Moedeloos Wees Nie
- Christenskap In Die Werkplek
- Opmars Van Die Mikro-Entrepreneur
- Hoe Naby Is Die Wederkoms Van Jesus Christus?
- Waarom Stop God Nie Al Die Lyding Nie?
- Gebore Vir ’n Tyd Soos Hierdie
- Kenmerke Van Die Regverdige
- Verkleurmannetjies
- Fase 4-Limfoomkanker, Geloof Het My Genees
- Leer Vir God Ken
- Karakters Van Die Bybel – Vroue In Handelinge
- ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees
- Geestelike Skatte Vir ’n Impak Op Jou Lewe
- Gabriel Strydom – My Héle Lewe Vir Jesus
- Die Kerk In Indië Veg Om Aan Die Lewe Te Bly – Geopende Deure
- Russiese Dokters Vind Hoop Tydens COVID-19 – FEBA
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Jou Krag Lê Nie In Jou Hare Nie: Lourieke Haller
- Maak God Jou Eerste Prioriteit: Francois Carr
- Ken Die Bybel Beter: Stephan Joubert
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Soek Die Woord
- Bybelvasvra
- Blokraai