Julie 2021

Heinrich Gabler het in 2019 bekendheid verwerf toe hy as die nuwe Mnr. Suid-Afrika aangekondig is. Spoedig het talle artikels verskyn wat vertel hoe hy as ’n tienjarige seuntjie sy ma in ’n motorongeluk verloor het en as ’n weeskind in ’n kinderhuis grootgeword het. Daar is egter baie meer agter hierdie verhaal. Hy het ’n kragtige getuienis oor sy diep ontmoeting met die Here en God se beskuttende hand in sy lewe. Lees gerus dié roerende verhaal in ons voorbladartikel. Gisela Joubert, van Thabazimbi, deel hoe sy tot bekering gekom het, nadat die Here in ’n visioen aan haar verskyn het. Lees gerus ook ons interessante artikel oor die donkie en donkies in die Bybel.

Ons raak ’n paar ernstige kwessies aan met artikels oor die nuwe koalisieregering in Israel (wat die Moslembroederskap vastrapplek in Israel se regering gee), China was die Kerk ’n sosialistiese baadjie wil laat aantrek en ’n Bybelse siening op die nuwe Wapenwet.

Daar is ’n artikel met raad vir Chroniese-moegheid-sindroom en een spesifiek vir pa’s met dogters – “Vyf maniere om jou dogter te komplimenteer”.

Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Heinrich Gabler – Van Weeskind Tot Mnr. Suid-Afrika
- Dink Jou Kind Dalk ’n Christen Is Iemand Wat Foutloos Moet Wees?
- Woorde Van Wysheid
- Wat Beteken Dit Om Te Veel Skuld Te Hê?
- Chroniese-Moegheid-Sindroom
- Christenskap In Die Werkplek
- 5 Maniere Om Jou Dogter Te Komplimenteer
- Donkies In Die Bybel
- Hoe Jy ’n Goeie En Lang Lewe Kan Geniet
- Is Daar Iets Soos Absolute Waarheid?
- God, Die Regering En Die Tien Gebooie
- Nuwe Koalisieregering In Israel
- ’n Bybelse Perspektief Op Die Israel-Palestina-Konflik
- Godsdiensvryheid: Wat Is Dit En Hoekom Is Dit Belangrik?
- China Se Plan Om Die Christelike Kerk In Sy EIe Beeld Te Omskep
- Is Dit ‘Bybels’ Om Ons Vir Selfverdediging Te Bewapen?
- Karakters Van Die Bybel – Tomas
- Leer Vir God Ken
- ‘Hier is ek, Here, Stuur My!’
- Jesus In Die Arms Van Liefde
- Wat Het Jy In Jou Hand?
- Die Here Voorsien Aan Die Vervolgdes In Indië – Geopende Deure
- Hoop Ken Geen Grense Nie – TWR
- Opleiding In Tanzanië – CfaN
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Jy Word By Jou Naam Geroep: Lourieke Haller
- Donkies Word Bedreig: Hermien Van Den Bergh
- Ode Aan Moederskap: Lucille May
- Moenie Die Wetenskap Vergoddelik Nie: Isak Burger
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Soek Die Woord
- Blokraai
- Bybelvasvra