Hierdie Lente-uitgawe met Rina Hugo op die voorblad is propvol positiewe en bemoedigende artikels. Ons gesels met Rina oor haar en Johan se pragtige huwelik van 50 jaar, hulle aanlyn konsert, Hartsliedere, en sy deel met ons oor hoe haar en Johan se groot skrik met hul hospitalisasie vir COVID haar uitkyk op die lewe verander het.
Ná al die slegte nuus van die plundery in KwaZulu-Natal, berig ons oor die wonderwerke wat gebeur het en die stigting van Heal our Land wat daaruit voortgespruit het. Lees meer hieroor in die artikels, “KZN: Uit die as kom nuwe lewe” en “Genees ons land, hoop te midde van die onluste”.
Lees gerus die getuienisse: “Bekering danksy ’n tierboskatjie” en “Fratsongeluk verander in ’n wonderwerk” en bou jou gees op met ons medewerkers se bemoedigende bydraes.
Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Rina Hugo – ‘Ek Sal Sing Van Die Wonders Wat U Liefde Bring’
- Die Sleutel Tot Dawid Se Sterk Selfbeeld
- Koershou En Vooruitgang Ondanks …
- Woorde Van Wysheid
- Kruiskyk
- ’n Pelgrim Se Passie
- My Herstel Van Veelvuldige Sklerose (MS)
- Van Vreesbevange En Flou Tot Gesonder En Genees
- Die Koste Om Jou Met Christus Te Vereenselwig
- Hoe Kan ’n Liefdevolle God Enigeen Hel Toe Stuur?
- Smart Choices, ’n Oplossing Wat Sorgvuldig Beplan En Biddend Ontwikkel Is
- Wat Sê Die Bybel Oor Oproere En Wetteloosheid?
- Godsdienstige Uitdrukking Onder Aanslag – FOR SA
- KZN: Uit Die As Kom Nuwe Lewe
- Genees Ons Land, Hoop Te Midde Van Die Onluste
- Suid-Afrikaanse Olimpiese Atlete Dra Hul Medaljes Aan God Op
- Leer Vir God Ken
- Karakters Van Die Bybel – Hiskia En Manasse
- Bekering Danksy ’n Tierboskatjie
- Fratsongeluk Verander In ’n Wonderwerk
- ’n Historiese Mylpaal Vir CfaN
- Opstandige Seun Van ’n Sjeik Word ’n Kind Van God – Geopende Deure
- Mosambiek, Hoop In Moeilike Tye – TWR
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Burgers Van Die Hemel: Lourieke Haller
- Leef Elke Oomblik Voluit: Elza Meyer
- Waarheid Is Steeds Die Waarheid: Phillip Pretorius
- Drie Belangrike Elemente Van Oorvloedige Hoop: Kobus Roodt
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Blokraai
- Bybelvasvra