Hierdie uitgawe van JUIG! Tydskrif is propvol interessante en uitdagende artikels – iets vir die hele gesin. JUIG! dien die hele Liggaam van Christus met een doel voor oë – om die Woord van God te verkondig en ’n Christelike Bybelse wêreldbeskouing te bevorder.
As jy It's Time Bloemfontein bygewoon het, moet jy nie die voorbladartikel, Mighty Families, misloop nie. Dit is die volgende stap ná It's Time Bloemfontein - 'n geleentheid vir gesinne as die boustene van ons nasie om versterk te word. Vind meer uit hieroor in die gesinsartikel. Vind sommer ook meer uit oor It's Time Kaapstad wat almal weer eens uitnooi om van reg oor die land in Kaapstad byeen te kom om vir die Wes-Kaap en ook vir die res van die land te bid.
Daar is wonderlike getuienisse op ons "Wat's Nuus op Kampus"-blaaie met goeie nuus oor wat geestelik in ons studentegemeenskap aan die gebeur is. Ons gaan voort met ons gewilde Bybel in ʼn neutedop-reeks met deel 2 van die boek 1 Korintiërs en ons medewerkers, prof. Stephan Joubert en Elza Meyer inspireer en bemoedig jou om voluit vir Hom te leef.
Vir bruide is daar 'n heerlike artikel om jou te help met jou troudagbeplanning en pa's kan gerus die artikel, "15 Gesprekke wat 'n pa moet hê" lees vir goeie wenke vir daardie moeilike gesprekke met jou kinders.
Lees gerus ons Christen-nuus en hou jouself op hoogte van Christelike sake sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy Sê
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat's Nuus Op Kampus?
- God Is Sterk In Jou Swakheid
- So Lyk Spanwerk
- Is Oorlog Met Noord-Korea Regverdigbaar Volgens Die Bybel?
- CNN, Fopnuus & Etiese Beriggewing
- Sien God (Nog) Wat Ons Doen?
- Wanneer Jy God Probeer Onttroon: Stephan Joubert
- Meer Werd As Tien Van Die Beste Preke - Geopende Deure
- Getuienis Van Mishandeling Tot Hoop - FEBA
- Die Wonderlike Verhaal Van Tsjad - Harvesters Ministries
- Die Bybel In ʼn Neutedop - 1 Korintiërs (Deel 2)
- Geloof En Vrees
- Wat Sê Die Woord Van God Oor Skuld - Deel 1
- Christenskap In Die Werkplek
- Mighty Families - Sterk Gesinne Bou 'n Sterk Nasie
- Gebruik Die Natuur Om Jou Kinders Van God Te Leer
- Perfeksionisme, Millenniërs Se Doring In Die Vlees
- 15 Gesprekke Wat 'n Pa Moet Hê
- Vroue Van Geloof
- Jou Storie Is Deel Van 'n Groter Verhaal: Elza Meyer
- 10 Maniere Om 'n Christus-Gesentreerde Troue Te Beplan
- Gasvryheid In 'n Klein Plekkie
- Woorde Van Wysheid
- Hoe Lyk Die Toekoms?
- Kom Bid Saam Vir Kaapstad - It's Time Kaapstad
Hierdie uitgawe is nou te koop! Maak seker dat jy nie ’n uitgawe misloop nie, teken vandag nog in op JUIG! Tydskrif.