Geseënde Paasfees! In hierdie Paasuitgawe van 2018 het ons twee pragtige leringsartikels, die een van A.W. Tozer, “Aan die opstandingskant van die Kruis” en die ander “Christus van die Pasga” wat die betekenis van die elemente van Jesus se laaste maal saam met Sy dissipels uitlê. Daar is ook ʼn artikel met ʼn heerlike resep vir Paasbolletjies sowel as ʼn artikel oor die herkoms van Paasbolletjies en die simboliek van die lekkerny.
Daar is weer artikels vir ons jonger garde met ons studentegetuienis asook die artikel, Enkellopend? Goeie vriende is jou steunpilare”.
Met die grondkwessie voorop in die nuus het ons die ACDP se reaksie op die grondonteiening sonder vergoedingskwessie gepubliseer en dr. Arno van Niekerk gee riglyne oor hoe om deel te wees van die genesing van ons land.
Daar is iets vir elkeen in hierdie Paasuitgawe wat 19 Maart op die rakke sal wees. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- “Berei Julle Voor Op Die Ergste” – Studentegetuienis
- Enkellopend? Goeie Vriende Is Jou Steunpilare
- Die ACDP-Reaksie Op Suid-Afrika Se Grondkwessie
- Die Genesing Van Ons Land: Arno Van Niekerk
- Geloof Waar Die Evangelie Die Ergste Weerstand Ervaar – Geopende Deure
- Vermeerder Die Oes – Harvesters Ministries
- Die Bybel In ʼn Neutedop – 2 Korintiërs
- Christus Van Die Pasga
- Aan Die Opstandingskant Van Die Kruis
- Paasbolletjies: Waar Kom Dit Vandaan?
- Verwerp Deur Mense, Gelei Deur God: Gerald Ferreira
- Die Vyf Krone Van die Nuwe Testament
- Is Jy ’n Perd Of ’n Valk?
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Neem Jou Wonde Na Hom Toe: Gretha Wiid
- Leef Voluit Te Midde Van Uitdagings!
- Die Vier-Tot-Veertien-Venster – Jeugevangelisasie
- Gesond Eet Is Maklik
- Vroue Van Geloof
- Aanbidding Is Meer As ’n Liedjie
- 100% Worship – TWR
- Klein Voetjies Moet Groot Drome Dans
- Ervaar Jesus Culture Se “Rooftops” In Stereo