Januarie 2018

Voorspoedige nuwe jaar! In hierdie eerste uitgawe van 2018 moedig ons jou aan om die jaar reg af te skop en jouself geestelik voor te berei vir die stryd waarin jy betrokke is. Lees gerus ons voorbladartikel, ‘Beklee Jouself Met Die Wapenrusting Van God’.
Daar is ʼn bemoedigende getuienis van ʼn boer wat tydens die Swart Maandagoptogte danksy sy gehoorsaamheid aan die Heilige Gees ʼn uiters plofbare situasie kon ontlont en strydende partye laat saambid het en in vrede uitmekaargaan. Lees meer hieroor in ‘Geseënd Is Die Vredemakers’.
Ons vervat weereens ons gewilde Bybel in ʼn neutedop-reeks met die boek 1 Korintiërs en ons medewerkers, dr. Arno van Niekerk, Gretha Wiid en Errol Naidoo inspireer en spoor jou aan om 2018 voluit vir die Here te lewe.
Vir ons studente is daar ‘Wat’s Nuus Op Kampus’ waar Christen-studente geleentheid kry om te vertel wat op hulle kampus gebeur.

Lees gerus ons Christen-nuus en hou jouself op hoogte van Christelike sake sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Wat Sê God Vir Jou Oor 2018: Arno van Niekerk
- Sosialisme Wen Veld Onder Amerikaanse Jeug
- ʼn Bybelgefundeerde Wêreldbeskouing: Errol Naidoo
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- Somalië, Die Noord-Korea Van Afrika – Geopende Deure
- Genade – ʼn Gawe Wat Nie Verdien Kan Word Nie – TWR
- Ek Is By Julle Selfs Op ʼn Vergete Eiland – Harvesters Ministries
- Vlugtelinge, Die Drie Modelle Van Hoop – ʼn Man, ʼn Beweging En ʼn Messias
- Die Bybel In ʼn Neutedop – 1 Korintiërs (Deel 1)
- Beklee Jouself Met God Se Wapenrusting
- God Verander Dinge Oornag: Nevil Norden
- Wat Leer Die Woord Ons Oor Tydsbestuur – Deel 3
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Tegnologie In Evangelisasie
- Geseënd Is Die Vredemakers
- Ek En My Huis Sal Die Here Dien: Gretha Wiid
- Vind Jou Pad Terug Na Christus
- Vroue Van Geloof
- Lewenslesse Tussen Meel En Eiers
- Twee Moderne Kindertoestande – ADHD en ADD: Gesonde Kinders Wat Pasiënte Word?
- Bereik Jongmense – Kampe Is ʼn Gulde geleentheid
- Inspirasie Saam Met Tygerberg 104FM