Januarie 2024

JUIG! Januarie -uitgawe

Voorspoedige Nuwe Jaar! Ons skop hierdie eerste uitgawe van 2024 af met hoop in ons harte. Dit is ’n groot jaar vir Suid-Afrika en soos Elza Meyer, tereg sê: “Ons kan nie dood spreek en lewe verwag nie!” Laat ons jou help om die jaar met visie en positiwiteit te benader, lees gerus “Lewe lig, gooi die laste af” en “nuttige wenke om jou te help ontrommel”. Ons takel ook aktuele sake met die artikels: “Waarom het God die Holocaust toegelaat?” en “Die singulariteit, waar tegnologie (AI) onbeheerbaar raak”.

Daar is ’n ietsie vir elkeen met inspirerende getuienisse en opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Skerp ook jou Bybelkennis op met die gereelde artikels: “Het jy geweet?”, “Bybelvasvra”, “Die gelykenisse van Jesus” en "Karakters van die Bybel" of geniet ons “Blokraai”, “Soek die Woord” en ons JUIG!-inkleurkompetisie. Ons sien uit na ’n geseënde en voorspoedige 2024 saam met al ons lesers. Lekker lees!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!

–  ‘Suid-Afrika, Ons Kan Nie Dood Spreek En Lewe Verwag Nie’
–  Nuus
–  Drome In Die Bybel
–  Nuttige Wenke Om Jou Te Help Ontrommel
–  Moet Christene Vir Israel Ondersteun?
–  Waarom Het God Die Holocaust Toegelaat?
–  ‘EK IS’
–  Wat Is Die Groot Opdrag?
–  Drie Maniere Om Voor Te Berei Vir Persoonlike Evangelisasie
–  Die Singulariteit
–  Hoe Om ’n Boek Te Publiseer
–  Goeie Voorstelle Vir ’n Vreedsame Tuin
–  Van Die Randjie Van Die Graf Terug Na Haar Ou Self!
–  Het Jy Geweet?
–  Karakters Van Die Bybel: Koning Saul
–  Die Gelykenisse Van Jesus: Die Ryk Dwaas
–  Ek Ken ’n Seuntjie, Ek Ken Vir Dawid – Helpende Hand
–  Snare Van Geloof
–  Jesus Verwag Nie Baie Nie. Hy Verwag Alles!
–  CfaN 2024-Kalender
–  Wat Is Die Groot Geheim Vir Verhoorde Gebede: Elza Meyer
–  Dra Mekaar Se Laste: Johan Schoonraad
–  Net Goedheid En Guns: Rudi Briel
–  Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
–  Roeping: Rassie Fourie
–  Vreeslose Gesprekke: Mario Denton
–  Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
–  Lewe Lig Gooi Die Laste Af: Justine Pike
–  Redakteursbrief
–  Briewe
–  Blokraai
–  Bybelvasvra
–  Soek Die Woord
–  Inkleurpret
–  Vra Jou Vrae
–  Ek Weet Dit Was U, Here
–  Wie’s In Die Nuus?