Januarie-uitgawe nou te koop!
Ons Januarie-uitgawe skop die nuwe jaar af met inhoud wat jou geloof versterk en jou visie vir 2026 verdiep. Christine Caine herinner ons dat ons vrygemaak is om ander te bevry, terwyl Die wederkoms en die Kerk se sendingmandaat die groter prentjie van God se roeping vir sy Kerk uitlig. Patrone: Die handtekening van ’n konsekwente Skepper wys weer die wonder van God se orde, en praktiese toerusting kom deur 12 maniere om nader aan God te kom, Geloof dink soos ’n kampioen, en Rentmeesterskap: Sy eienaarskap, ons gehoorsaamheid. Verder lees jy roerende getuienisse van herlewing, herstel en God se hand in alledaagse lewens.
Ons voorbladartikel met Gretha Wiid bied eerlike insigte oor identiteit, gehoorsaamheid en die Here se herstelwerk. In hierdie gesprek deel sy hoe God haar deur uitdagings gevorm het, wat sy vandag vir ouers en vroue wil meegee, en waarom ware vryheid net in Christus lê. Dit is ’n sterk begin vir die nuwe jaar en ’n gesprek wat jy nie wil misloop nie.
Hierdie uitgawe van JUIG! is ryk aan waarheid, perspektief en bemoediging vir almal wat die jaar met fokus en geloof wil aanpak. Moet ook nie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie, want hierdie uitgawe is propvol inspirasie, insig en waarheid vir elke seisoen van die lewe.
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R519 en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
Voorbladartikel:
– Gretha Wiid: Waarheid in ’n tyd van verwarring
Artikels:
– Eensaamheid: Bybelse hoop en eenvoudige gewoontes om isolasie te breek
– Christine Caine: Vrygemaak om ander te bevry
– Die wederkoms en die Kerk se sendingmandaat
– Patrone: Die handtekening van ’n konsekwente Skepper
– Die gevaar om te veel te deel op sosiale media
– Hoekom Christelike media so belangrik is
– Die gebed wat my lewe verander het
– 12 maniere om nader aan God te kom
– Geloof dink soos ’n kampioen
– Rentmeesterskap: Sy eienaarskap, ons gehoorsaamheid
– Die Bnei Menashe keer terug na Sion
– ’n Reis gevorm deur geloof en doel
Reekse:
– God se vingerafdrukke: Wonder in die son
– Het Jy Geweet?
– ’n Reis gevorm deur geloof en doel
– Hernu jou lewe – Mario Denton
Sending En Getuienisse:
– Toe my lewe uitmekaar val...
– Herlewing in Kambodja – CfaN
– Hoe God my lewe en kuns herstel het
– Help om iemand se sig te red en hulle toekoms
– Duisende mans vergader by Mighty Men teen geweld op Kaapse Vlakte
– Werksyn: ’n Model vir gemeenskapontwikkeling
Rubrieke:
– Maak die visie duidelik – Redakteursbrief
– Drie punte om te oorweeg oor God se hand in ons lewens
– God is nie wie jy dink Hy is nie
– Is blywende vreugde moontlik?
– Simson: ’n Les oor roeping en afdwaling
– Nuwe jaar, duidelike visie
Gereeld:
– Briewe aan die redaktrise
– Inkleurpret
– Blokraai
– Soek die woord
– Toets jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae





