Februarie-Maart 2026

Die Februarie / Maart-uitgawe van JUIG! bring fokus op temas wat die Kerk en elke gelowige raak. In 10 redes waarom jy Bybelse profesie behoort te bestudeer word God se plan en die tye waarin ons leef duidelik belig, terwyl Die verlore seun: ’n Liefdesverhaal ons weer herinner aan die Vader se genade en oop arms. Sending en roeping kry sterk aandag met ’n Miljoen evangeliste uit Afrika, wat wys hoe God kragtig op die vasteland werk, en Geroep om te reageer, ’n uitnodiging om nie passief te bly nie, maar gehoorsaam te leef. Aktuele insig kom deur die skerp CRL-artikel 22-komitee: “Ek bedank met ’n skoon gewete.”, wat vrae oor leierskap, aanspreeklikheid en waarheid aanspreek. Soos altyd is hierdie uitgawe van JUIG! gevul met Bybelse perspektief, bemoediging en rigting vir gelowiges wat met onderskeiding en geloof wil leef.

Ons voorbladartikel met Nadine Blom bring ’n eerlike en hoopvolle gesprek oor geloof, gehoorsaamheid en God se herstelwerk. Sy deel openhartig hoe die Here haar deur verskillende seisoene gevorm het, wat sy geleer het oor identiteit en oorgawe, en waarom ware rus en vryheid net in Christus gevind word. Dit is ’n diep gesprek wat hart en fokus terugbring na wat regtig saak maak en ’n voorblad wat jy nie wil misloop nie.

Hierdie uitgawe van JUIG! is ryk aan waarheid, perspektief en bemoediging vir almal wat die jaar met fokus en geloof wil aanpak. Moet ook nie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie – asook die blad met die inkleurkompetisie-wenners van 2025, waar lesers se kreatiwiteit gevier word. Hierdie uitgawe is propvol inspirasie, insig en Bybelse waarheid vir elke seisoen van die lewe.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R519 en ontvang ’n GRATIS geskenk!

Artikels in hierdie uitgawe:

Voorbladartikel:

– Nadine Blom oor gehoorsaamheid en hoop vir gesinne

Nuus:

– Reini se kruis-stap deur Zimbabwe
– CRL-artikel 22-komitee: Die voorsitter stap weg en die masker val

Artikels:

– Die Weg het jou gevind – Henry Pike
– 10 redes waarom jy Bybelse profesie behoort te bestudeer
– Omring jouself met die regte mense – Jesus het ook!
– Veilig in die Herder se hand – Rudi Briel
– Kies God se droom vir jou lewe
– Die verlore seun: ’n Liefdesverhaal
– Die belangrikheid van nagmaal
– Siloam Kerk: Van restourasie tot sending
– Van Skrif tot skerm: Die reis van Dawid
– Louis en Hettie Brittz: Gesinne volgens God se ontwerp

Reekse:

– Het jy geweet?
– Karakters van die Bybel: Jonatan
– Geestelike slapeloosheid – Mario Denton
– God se vingerafdrukke: Geweef volgens ontwerp

Sending En Getuienisse:

– ’n Miljoen evangeliste uit Afrika – Daniel Kolenda
–  FEBA bring hoop aan die gesinne van Oekraïne se soldate
– Hoe Jesus in Nigerië aan die werk is – TWR Africa
–  Bid vir geloof om moontlik te wees
– Om saam te bou met waardigheid

Rubrieke:

– Geken en geliefd deur God
– Redakteursbrief
– Wanneer God stilweg werk – Herman de Kock
– Geroep om te reageer
– Luister beter, leef met liefde
– Drie punte om te oorweeg oor nuwe liefde

Gereeld:

– Briewe aan die redaktrise
– Inkleurpret
– Inkleurkompetisie-wenners 2025
– Blokraai
– Soek die woord
– Toets jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae

Artikels in hierdie uitgawe

Wat kom by jou op wanneer jy die frase “Bybelse profesie” hoor? Sien jy dalk bejaarde mense uit die antieke wêreld voor jou, geklee in verslete klere, wat uitroep: “So sê die Here”? Miskien laat die woord profesie jou ongemaklik voel, met gedagtes oor oordeel en rampspoed wat die mensdom in die toekoms inwag. Dalk […]
Die verhaal van die verlore seun is nie ’n waarskuwingsverhaal nie. Dit is ’n liefdesverhaal. En wanneer dit gelees word in die lig van die voltooide werk van Jesus, word dit een van die duidelikste openbarings van die Vader se hart in die hele Skrif. Hierdie gelykenis gaan nie in die eerste plek oor ’n […]
Vyf jaar gelede het Christ for all Nations (CfaN) die Decade of Double Harvest aangepak. Die visie wat God aan my gegee het, was om CfaN se Evangelie-impak te verdubbel – van die 75 miljoen wat ons in die eerste meer as 40 jaar van die bediening getel het, tot 150 miljoen teen die einde […]
Vir Nadine Blom lê ware bediening nie in sigbaarheid nie, maar in gehoorsaamheid. Haar roeping in hierdie seisoen is eenvoudig, maar diep: om gebroke bande tussen kinders en ouers te help herstel en hoop te bring waar stilte en seer lank geheers het. Deur musiek, die reg en haar werk met gesinne leef sy ’n […]