Hierdie uitgawe is so vol inligting oor aktuele sake dat dit moeilik is om te kies watter vir jou die interessantste sal wees. Ons takel kwellende sake met die artikels: ”Bevordering Van Transgenderisme In Openbare Skole”, “Die Donkerkant Van China Se Noue Bande Met Suid-Afrika” en “Rasseversoening: Waar Begin Ons?” Alles sake waaroor ons as Christene ingelig moet wees en ernstig voorbidding moet doen.
Op ’n ligter trant het ons ’n heerlike onderhoud met die pragtige twee skoonsussies en dokters, Rolene en Ledivia Strauss wat saam RevitaHealth bedryf. Hulle wy uit hoe Christenskap hulle werk en lewensuitkyk beïnvloed en help ons om van binne na buite gesond te lewe met goeie wenke oor gesondheid – beide liggaamlik en sielkundig.
Ons loer na eugenetika en hoe dit tot siektes onder opreggeteelde honde ly en ons vra sommer ook die vraag hoekom die wetenskaplike gemeenskap so teen kreasionisme gekant is.
Lees gerus ook die artikels van ons geestelike leiers om jou gees te voed in hierdie uitdagende tye: Elza Meyer se artikel oor die Heilige Gees, Stephan Joubert se artikel oor aanlynevangelisasie en –bediening en Riekert Botha se insiggewende uiteensetting oor wat dit beteken om vergenoegd te wees en “geen gebrek” te ly nie.
Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- - Woefwyshede
- - Spreuke 18
- - JUIG! Pitkos
- - Hoe Spel Kinders Liefde: Neil Powell
- - Dit Is Julie 2020: Karien Basson
- - Bybelvasvra
- - Blokraai
- - Soek Die Woord
- - Eugenetika, Opreggeteelde Honde Betaal Die Prys
- - Waarom Is Die Wetenskaplike Gemeenskap So Teen Kreasionisme Gekant?
- - Bybelse Waarskuwings Oor Hongersnood In Die Eindtyd
- - Gevaarlike Geloof In Noord-Korea – Geopende Deure
- - Die Woord Van Die Here Uit Die Hart Van Die Sahara – FEBA
- - Genees Deur Die Seun Van God – CfaN
- - Die Here Is Ook Aanlyn: Stephan Joubert
- - Heilige Gees, 3 Redes Om Beheer Aan Hom Oor Te Gee: Elza Meyer
- - Ledivia En Rolene, ’n Oorvloedige Lewe In Hom
- - Die Kleur Van Vergifnis
- - Karakters Van Die Bybel – Maria Magdalena
- - God Se Ondeurgrondelikheid
- - Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan? (Deel V)
- - Sterkte En Eer Is Haar Kleed – Beautiful Gates
- - Jy Sal Geen Gebrek Ly Nie: Riekert Botha
- - Die 7 Kerke Van Openbaring – Sardis
- - Woorde Van Wysheid
- - Ja, Kinders Kan So Bid!
- - Oorweeg Skuldberading
- - Christenskap In Die Werkplek
- - Bevordering Van Transgenderisme In Openbare Skole
- - Rasseversoening: Waar Begin Ons?
- - Die Donkerkant Van China Se Noue Bande Met Suid-Afrika
- - GROOTfm 90.5 Jou Metgesel Van Vroeg In Die Oggend Tot Laat In Die Aand