JUIG! Julie-uitgawe
Die sprankelende Nadia Henn pryk vir hierdie Julie-uitgawe op JUIG! Tydskrif se voorblad. Sy is ’n lewende getuienis van die verandering wat in ’n mens plaasvind (insluitend jou psige) wanneer jy jou hart volkome aan Jesus oorgee en jou laat doop.
Ons beantwoord ’n paar vrae oor gebed wat mense dikwels oor wonder: Tot wie moet ons bid: die Vader, Die Seun of die Heilige Gees? Hoe kan ek my vrees om in die openbaar te bid, te bowe kom? Is dit aanvaarbaar om tydens korporatiewe gebed hardop in tale te bid?
Lees gerus ons artikel, “Die aanslag op ons kinders se geloof en hoe ons kan reageer” asook “Internasionale en plaaslike tendense erodeer godsdiensvryheidsregte” om jouself toe te rus en op hoogte te hou van aktuele sake wat ons geloof bedreig.
Daar is weer eens sendinggetuienisse van Hermien van den Bergh en Julita Kok en ons het ’n interessante artikel van Wilbrie Fourie (een van die Broer Toer-broers) oor die gentleman in die moderne lewe, “Lank lewe die gentleman”.
Bly ook op hoogte van wêreldnuus wat Christene raak en laat ons jou bemoedig en inspireer.
Moenie hierdie uitgawe misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
– Nadia Henn – Van Vrees En Angs Tot Vryheid En Volheid Van Lewe
– Kaapse Kansel Meer As Net Radio!
– Internasionale En Plaaslike Tendense Erodeer Godsdiensvryheidregte
– Die Aanslag Op Ons Kinders Se Geloof …
– Woorde Van Wysheid
– Lank Lewe Die Gentleman
– Koinonia Discipleship Training Academy
– Christenskap In Die Werkplek
– Vertel Jou Kinders Oor Die Profete (Deel 2)
– Het die Kerk Vir Israel Vervang?
– Kom Ons Praat Oor Gebed
– Klassieke Sjokolademousse
– Het Jy Geweet?
– Kommentaar Oor Matteus 6:33
– Karakters Van Die Bybel
– Die Hart Van Die Sendeling: Hermien Van Den Bergh
– Kora 2022, Episode 5: Julita Kok
– Kuns En Geloof
– ’n Afskoppunt Vir Die Evangelie – CfaN
– Moed Van Jong Vrou Inspireer Talle – FEBA
– Ken Google Jou Beter As Jesus?: Lourieke Haller
– ’n Moeder Se Gebed: Ilse Kleyn
– Die Fatale Verlies: Maretha Maartens
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Eerbiediging Van Gesag: Dirkie v.d. Spuy
– Hoe Om ’n Verslae Hart Te Voorkom: Henry Pike
– Vuur Weer Jou Eerste Liefde Aan: Willem Badenhorst
– Wat Die Goeie Nuus In Ons Lewens Gedoen Het: Israel Taylor
– Redakteursbrief
– Woefwyshede
– Briewe
– Soek Die Woord
– Bybelvasvra
– Blokraai
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Brokkies