Augustus 2022

JUIG! Augustus-uitgawe

Met ons Augustus-uitgawe bring ons nog ’n jong, opkomende evangelis onder ons lesers se aandag. Dit is Johandré Potgieter van Mosselbaai. Die onblusbare begeerte om mense van die hoop te vertel wat slegs Jesus kan bied het hom as tiener reeds gedryf en hy het elke beskikbare sent vir evangelisasie gebruik terwyl die meeste ander tieners dit gewoonlik op hulleself sou spandeer.

Aangesien dit orgaanskenkingsmaand is vra ons ook: Wat sê die Bybel oor orgaanskenking en behoort Christene bloed te skenk? Lees gerus die twee getuienisse, “Die vlamme sal jou nie brand nie” en “Jy moes eintlik dood gewees het” waarin mense van God se wonderwerkende krag getuig. Daar is weer eens iets vir die kinders in ons artikel oor katte met interessante feite soos: Katte kan regs- of linkspotig wees. Mannetjieskatte is gewoonlik linkspotig, terwyl wyfies gewoonlik regspotig is!

Riekert Botha gee vyf goeie riglyne vir gebed tydens ’n krisis en prof. Stephan Joubert takel “holruggeryde idees oor die eindtyd”.

Bly ook op hoogte van wêreldnuus wat Christene raak en bid met insig vir ons Christen-broers en –susters in ander lande.

Moenie hierdie uitgawe misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

– Johandré Potgieter – My Generasie Sal Gered Word!
– Omhels Jy Die Waarheid Of Skep Jy Jou
– Eie Waarheid?
– Woorde Van Wysheid
– Goeie Nuus Oor Die Regering Se
– Huweliksbeleid
– Vaarwel Aan Die ‘Oliewapen’
– Internasionale Christen-Ambassade In Jerusalem
– Die ‘Honest To Goodness’-Waarheid Oor Christen-Radio
– Laat Jou Kinders Deur Die Sleutelgat Van Die Evangelis Na Die Hemel Kyk
– Vyf Maniere Om Te Weet Die Bybel Is Waar
– Die Trojaanse Perd Van Moderne Tegnologie
– Wat Sê Die Bybel Oor Orgaanskenking?
– Behoort Christene Bloed Te Skenk?
– En Jy Het Gedink Jy Weet Alles Oor Katte
– Superkosse Vir Voortreflike Gesondheid
– Christenskap In Die Werkplek
– Het Jy Geweet?
– Kommentaar Oor Matteus 28:20
– Karakters Van Die Bybel: Moses
– Van Die Kaap Tot Kaïro En Terug: Julita Kok
– Jy Moes Eintlik Dood Gewees Het!
– Die Vlamme Sal Jou Nie Brand Nie!
– Jong Evangeliste Antwoord Op Hulle Roeping – CfaN
– ’n Sprankie Hoop Ondanks Vervolging – Geopende Deure
– ‘Baie Geluk!’ Prys Die Here Vir Toegang Tot Sy Woord In Malawi – TWR
– Foto’s, Filters En Valsheid: Lourieke Haller
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Ken Jou Skepper, Ken Jou Droom: Heinrich Gabler
– Leer Jou Kinders Van God: Justine Pike
– Vyf Goeie Riglyne Vir Gebed Tydens ’n Krisis: Riekert Botha
– Holruggeryde Idees Oor Die Eindtyd Kort Lig: Stephan Joubert
– Verrassende Feite Oor Die Lam Van God Se Geboorte En Dood: Elza Meyer
– Redakteursbrief
– Woefwyshede
– Briewe
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Wie’s In Die Nuus?
– Vra Jou Vrae