Die nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!
Teodor van der Spuy, seun van die geliefde Ds. Dirkie van der Spuy, staan nou self aan die stuur van Moreletapark Gemeente – nie net as ’n opvolger nie, maar as ’n leier met ’n vars roeping en diep afhanklikheid van die Here. In die jongste uitgawe van JUIG! Tydskrif deel Teodor eerlik oor die uitdagings van geestelike leierskap, die las van verantwoordelikheid, en die onwrikbare roeping om dissipels van Jesus te maak.
Met wysheid, nederigheid en ’n hart wat klop vir God se Kerk, gesels hy oor gebed as kern van elke besluit, die integrasie van besigheid en bediening, en die belangrikheid van geestelike mobilisering – veral onder die jong geslag. As man, pa en predikant leef hy nie net sy geloof op die kansel uit nie, maar ook in sy huwelik en ouerskap. Sy getuienis is een van vasberadenheid, eerlikheid en vertroue in God se werk oor geslagte heen.
Hierdie artikel is ’n moet-lees vir elkeen wat opnuut wil hoor hoe God mense gebruik om die Kerk te bou – nie net deur programme nie, maar deur lewens wat getuig van Sy liefde, waarheid en genade…
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
Voorbladartikel:
– Teodor Van Der Spuy: Geloof In Aksie – Geroep Om Dissipels Te Maak
Nuus:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus
Artikels:
– Toe Olifante Kom Totsiens Sê
– 100 Dae Van Vas En Gebed
– Niks Kan Ons Skei Van Sy Liefde Nie
– Oorkom Bekommernis Vind Vertroosting In Jesus
– Heiligheid In ’n Tyd Van Wêreldsheid
– Wanneer ’n Stoep Nie Meer ’n Tronk Is Nie
– Berei Jou Kind Voor Vir Die Digitale Wêreld
– Afrikaans Word 100 Jaar Oud
Reekse:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Migael En Gabriël
– Hou Koers Deur Die Lewe Se Storms: Die Groot Vloed Van Noag
– Vaardighede: Geestelike Onvrugbaarheid
– Alles Wat Jy Moet Weet Oor Gebed: Deel 2
– Lesse Uit Die Bybel: Paulus By Die Areopagus
Sending En Getuienisse:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Deur Elke Seisoen Was God Daar
– Nagmaal Sonder Grense: The Miracle Meal
– Miljoene Kinders: Bereik Die Jeug Vir Jesus
Rubrieke:
– Dankie Dat Jy Bid Vir Die President – Redakteursbrief
– Ma, Mal Mieta En Die Meester
– Drie Punte Om Te Oorweeg Oor Tevredenheid
– Die Krag Van Egtheid In ’n Wêreld Van Valsheid
– Vrees Nie Slegte Tyding Nie
– Die God Van Abraham, Isak En Jakob
Gereeld:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Inkleurpret
– Blokraai
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
