Die Junie 2025-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!
Hykie Berg deel eerlik oor manwees, pa-wees en hoe belangrik dit is om uitbranding te herken en te hanteer. Hierdie inspirerende artikel moedig elke leser aan om rus en geestelike gesondheid te prioritiseer.
Verder bied hierdie uitgawe ’n ryk verskeidenheid inhoud: leer hoe om onderskeiding te hê in ’n era van misleiding, ontdek vyf Bybelse manne wat ware manlikheid uitbeeld, en kry praktiese raad oor hoe om jou verhouding met jou kinders te versterk. Ons delf ook in belangrike vrae soos “Hoe herken ek God se wil?” en verken die simboliek en bediening van engele in die Bybel.
Ons begin ook ’n nuwe reeks oor alles wat jy oor gebed moet weet, en kyk na wat die Bybel sê oor hoe, waarom en wanneer Satan uit die hemel geval het. Lees inspirerende getuienisse oor hoe God hoop bring – van die Kaapse Vlakte tot Mosambiek en die Afar. Praktiese temas soos eenvoudige gasvryheid in die alledaagse lewe is ook ingesluit.
Moenie ons gewilde pretbladsye, Bybelvasvrae en inkleurpret misloop nie! Kry jou kopie vandag – hierdie uitgawe is propvol inhoud om jou te bemoedig, te leer en toe te rus vir jou geloofspad.
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
VOORBLADARTIKEL:
– Hykie Berg Oor Manwees, Pa-Wees En Sy Stryd Teen Uitbranding
NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus
– Aktuele Nuus: Herlewing Van Die Reusewolf
ARTIKELS:
– Die Vermoë Om Te Kan Onderskei In ’n Era Van Misleiding
– Tannie Elsa En Die Lessenaar Van Hoop
– 5 Mans Wat Bybelse Manlikheid Uitbeeld
–’n Veilige Hawe Vir Die Kleinste Siele
– Die Naakte Waarheid Oor Pornografie In Suid-Afrika
– 10 Maniere Om Jou Verhouding Met Jou Kinders Te Verbeter
– Hoe Herken Ek God Se Wil?
– Wees Lief Vir Jou Naaste: Eenvoudige Gasvryheid
– Resep: Framboos En Matcha Witsjokolade-Jogurthappies
– Vervul Met Die Gees: Leef In Sy Krag!
– Die Lewende Kern Van Unite180 Kerk
– Leer Die Bybel Dat Die Aarde Plat Is?
– Hoe, Waarom En Wanneer Het Satan Uit Die Hemel Geval?
– Radio Tygerberg Bring Hoop Na Die Kaapse Vlakte
REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Engele
– Vaardighede: Geestelike Katarakte
– Alles Wat Jy Moet Weet Oor Gebed: Deel 1
SENDING EN GETUIENISSE:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Trap Met Doelgerigtheid: ’n Verhaal Wat Net God Kon Skryf
– FEBA Versprei Die Goeie Nuus In Mosambiek
– Die Stille Opkoms Van Christenskap Onder Die Afar
RUBRIEKE:
– Streef Na Vrede & Heiligheid – Redakteursbrief
– Op Reis Na Die Beloofde Land – Lisa Polson
– Bid Vir Herlewing In SA! – Rudi Briel
– Herstel Jou Brul As ’n Man Van God – Gawie De Lange
– Hoe Leer Ek My Kind Die Storie Van Abraham? – Herman De Kock
GEREELD:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Gebed Vir Bekering
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
