Die Augustus 2025-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!
Alicia Buckle vier 18 jaar in die grimeerbedryf, maar haar grootste getuigskrif is hoe Jesus haar lewe nuut gemaak het. Sy deel hoe God die onmoontlike met haar kom doen het en hoe Hy elke vrou se hoop, identiteit en innerlike skoonheid wil herstel.
Hierdie Augustus-uitgawe bied iets vir elkeen: ontdek Die Gevare Van Kulturele Christenskap, leer wat Geestelike Gawes is en hoe om dit te gebruik, en lees waarom TikTok-Profete nie noodwendig Bybelse profete is nie. Ons delf ook in die geloofsbelydenis van die Konsilie van Nicea en in ’n ander artikel vra ons: Waarom Het God Vir Adam En Eva Geskep As Hy Geweet Het Hulle Sou Sondig? In Alles Oor Gebed: Deel 3 beantwoord ons vrae soos “Verander gebed God se besluit?” en “Hoe kan ek minder senuweeagtig wees om in die openbaar te bid?” Daar is ook aangrypende getuienisse – van Wonderwerke Op Afrika Se Sendingvelde tot Bekroonde Geloof in Malawi.
Moenie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie! Hierdie uitgawe van JUIG! is propvol inspirasie, insig en waarheid vir elke seisoen van die lewe.
Teken in op JUIG! Tydskrif en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
Voorbladartikel:
– Alicia Buckle: Mooi Gemaak Van Binne Én Buite
Nuus:
– Geloof, Voetspore En Vriendskap
– Sis’ters-Konferensie
– Wanneer Lewenskoste Styg Sal Jou Geloof Saam Styg?
Artikels:
– Die Gevare Van Kulturele Christenskap – Gillian Fraser
– Liefde Is Nie Goedkoop Nie – Willem Badenhorst
– Hoe Die Konsilie Van Nicea Die Christendom Vir Altyd Verander Het
– TikTok-Profete – Matthew Neal
Reekse:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Die Valse Apostels Van Korinte
– Hou Koers Deur Die Lewe Se Storms: Jona In Die See Gegooi
– Geestelike Aandagafleibaarheid – Dr Mario Denton
– Alles Wat Jy Moet Weet Oor Gebed: Deel 3
Sending En Getuienisse:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Wonderwerke Op Afrika Se Sendingvelde – CfaN SA
– Wanneer Projekte Volksbesit Word – Helpende Hand
– Bekroonde Geloof – TWR Malawi
– Lewend Gemaak Deur God Se Woord – FEBA
– Comrades Vir Christus – Eric Clover
Rubrieke:
– ’n Getuie In Woord En Daad – Redakteursbrief
– Drie Punte Om Te Oorweeg Oor God Se Tydsberekening
– Hoe Sonde Insluip
– Josef Se Verhaal – Herman De Kock
Gereeld:
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Blokraai
– Toets Jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae




