Maak ’n koppie koffie en gaan sit en lees JUIG! se Junie-uitgawe – begin sommer by die artikel, “Koffie en die kerk” en vind uit waar die kerk se eeu lange verbintenis met die koffieboontjie begin het en hoe amper die geliefde drankie dalk verbode was vir Christene! Volg dit op met die interessante artikel van Thabazimbi se apiesdoringkarnaval waar daar nog kerkbasaar gehou word soos van ouds.
Vir hierdie Vadersdag-uitgawe is daar natuurlik artikels vir die pa’s in ons lewens: “5 Redes om pa’s te vier”; “Die nalatenskap van ’n vader” en “Die Juwele In ’n Pa Se Lewe”. Leer met ons voorbladartikel vir prof. Gerrie Bester ’n sakeman, leraar en seun van Abba Vader, beter ken.
Laat die sendeling wat in Soedan gemartel is, se oorwinnende getuienis jou bemoedig en versterk jou geloof met Isak Burger se artikel oor God se Woord wat ons absolute verwysingspunt in die lewe is.
Daar is iets vir die vroue met Gretha Wiid se artikel, “Wanneer paartjies saam bid” en ’n uitstekende artikel oor hoe om die verslawende houvas wat videospeletjies op jou kind het, te verbreek.
Vir die gesondheidsbewustes onder ons is daar Go Natural se artikel oor suiwer water as die grondslag van gesondheid. Kuier saam met ons by Witbank Huis van Gebed en laat ons jou gelooflewe opnuut inspireer.
Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Gemartelde Sendeling Se Oorwinning
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Die Nalatenskap Van ’n Godvresende Pa – Geopende Deure
- Tien Wonderlike Jare: TWR Wes-Afrika – TWR
- Die Lig Skyn In Kambodja – Harvesters Ministries
- Witbank Huis Van Gebed
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Efesiërs
- Die Oorspronklike Terroris
- Absolute Verwysingspunt: Isak Burger
- Nalatenskap Van ’n Vader: Dawie Spies
- Prof. Gerrie Bester
- Woorde Van Wysheid
- Die Juwele In ’n Pa Se Lewe
- 5 Redes Om Pa’s Te Vier
- Smullekker Kampkos-Idees
- Koffie En Die Kerk
- Kerkbasaar Soos Van Ouds
- Breek Die Verslawing Van Videospeletjies
- Wanneer Paartjies Saam Bid: Gretha Wiid
- Vroue Van Geloof
- Suiwer Water, Die Grondslag Van Gesondheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- Geseën Om Tot Seën Te Wees
- Radio Tygerberg 104fm Vier #Nuwebegin