Julie 2018

Hierdie uitgawe is propvol getuienisse van oorwinning wat jou sal aanspoor in jou geloof. Lees gerus Llewellyn Veenendaal se getuienis, ‘Van bendes tot baristas’ asook Adri Alberts van Turn2God Bediening se ontmoeting met God in Koning Hiskia se tonnel in Israel.
Lees hoe ’n gemeente in Vereeniging nie net vir ’n inkomste gesorg het vir hulle predikant nie, maar ook werk skep en ander bediening kan seën met hulle nuwe inkomste.
Dr. Elza Meyer se artikel, ‘Lewegewende Gesinne en families’; is ’n verkorte weergawe van haar kragtige boodskap wat sy by Mighty Families vir gesinne gebring het. Dawie Spies lig in sy uitstekende artikel oor rampartytjies uit, hoe ánders ’n Christen se benadering tot die partytjies en die huweliksonthaal sal wees omdat ons volgens God se liefde en standaarde leef.
Vind ook in hierdie uitgawe ’n bietjie meer uit oor die slim vrou agter boeke oor denke – dr. Caroline Leaf. Hou jouself ook op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake deur die nuus en sendingartikels te lees.
Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Geen Misdaad Om Bybelse Waarheid Te Verkondig Nie
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- CfaN – Evangelisasie “Van Kaapstad Tot Kaïro”
- Die Apologeet – Hoe Lyk Jóú Lewe?
- Sien Jy Regtig Uit Na Jou Ewige Adres: Stephan Joubert
- Lewegewende Gesinne & Families: Elza Meyer
- Rampartytjies – Hoekom Hou Ons Dit: Dawie Spies
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Filippense
- Elke Woord Tel
- Liefde Trek Die Ossewa Uit
- Jou Sukses Lê In Jou Denke – Dr. Caroline Leaf
- Prof. Gerrie Bester
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Kampkos-Idees
- Gemeente Met ’n Wenplan!
- Llewellyn Veenendaal – Van Bendes Tot Baristas
- Laat Daar Lig Wees
- Karel En Elaine Beneke – In Die Voetspore Van Jesus Se Bediening
- 12 Maniere Waarop Satan Christelike Huwelike Aanval
- Vroue Van Geloof
- Jou Woedebuie: Is Dit Waarom Jou Kinders So ‘Stout’ Is?
- Jesus Bo Alles – Geopende Deure
- Sentraal –Asië Hoor Die Evangelie – FEBA
- Van Moordenaar Tot Kerkplanter – Harvesters Ministries
- Ons Voeg Daad By Die Woord – Radio Tygerberg 104fm
- Jo Black