JUIG! Junie-uitgawe
In ons Junie-uitgawe gesels ons met Ruan Josh, die seun van die bekende sangeres, Juanita du Plessis, oor sy geloof, vriendskap, familie en wat die storms van die lewe hom geleer het. Twee oumas van Kaapstad deel hulle inspirerende verhaal van veranderde lewens danksy die tronkbediening waarby hulle betrokke is. Ons herinner onsself aan die aanbiddingsgroepe van die 70’s-90’s wie se liedere baie van ons ver sal laat terugdink. Dan ondersoek ons onlangse gebeure in Engeland waar Ramadaan ’n ereplek bo Paasfees gekry het in Londen en kyk na misleiding as teken van die eindtyd. Lees gerus ook dr. Pearl Kupe se artikel oor afvalligheid. Soos gewoonlik bied ons ook iets ligter om te geniet met ons Bybelvasvra, blokraai, Soek die woord en die inkleurblad. Ons het ’n interessante artikel oor trekvoëls en hoe hulle weet waarheen om te vlieg. Soos altyd hou ons jou ook op hoogte van sendingsake en wêreldnuus vanuit ’n Christelike wêreldbeskouing. Skaf gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog aan. Lekker lees!
– Ruan Josh – Boerseun Met ’n Stem Van Goud En ’n Hart Vir Jesus
– Nuus
– Gunsteling-Aanbiddingsgroepe Van Die 70’s-90’s
– Simply BEE
– Israel 3 300 Jaar Oud En 75 Jaar Jonk!
– ’n Wêreld In Verwarring
– Dra Jou Lewende Geloof Oor
– Jou Reg Om Uitdrukking Te Gee Aan Jou Godsdiensoortuigings
– Misleiding, ’n Teken Van Die Eindtyd
– Afvalligheid
– Wat Is ’n Dissipel?
– Die Waarheid Sal Veroorsaak Dat Baie Jou Haat
– Die Krag Van Gebed In Ouerskap
– Ja! Jy Kan Op 80 Voluit Lewe!
– Verlig Die Newe-Effekte Van Intensiewe Mediese Terapie
– Hoe Weet Trekvoëls Wanneer En Waarheen Om Te Vlieg?
– Die Wêreld Is Gereed, Maar Is Jy?
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Samuel
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Oneerlike Bestuurder
– Staan Op Johannesburg! – CfaN
– ‘Ek Los Alles By Die Voete Van Jesus’ – Geopende Deure
– Die Weduwees Van Mosambiek – FEBA
– Kaapstad Se Merkwaardige Tronkoumas
– Die Swaard Van Belofte: Ilse Kleyn
– Jy Is Wat Jy Eet – Geestelik Ook: Lourieke Haller
– Die Heilige Gees Bring Lewe: Willem Badenhorst
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Geskud Deur Die Gees In Tye Van Vervolging: Rudi Briel
– Persoonlike Uitnemendheid En Blindekolle: Mario Denton
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– Hoe Om Op Kwetsende Opmerkings Te Reageer: Caroline Leaf
– Redakteursbrief
– Woefwyshede
– Briewe
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Wie’s In Die Nuus?