In ons Mei-uitgawe vir ons Geopende Deure se 50 jaar van diens aan die vervolgde Kerk saam met hulle. Lees gerus ons artikels oor die Christendom onder skoot waarin ons die vyf kategorieë van vervolging ondersoek, na die omstandighede kyk waaronder sommige Christene gevange gehou word en ook nuwe insigte kry oor vervolgde Christene wat nie slagoffers is nie, maar dit as ’n eer beskou om vir hulle Verlosser te ly. Ons kyk ook na die vorme van “vervolging” in die Weste en meer spesifiek na die gevalle waar godsdiensvryheid in Suid-Afrika in die gedrang is.
Ons het ’n heerlike onderhoud met Adam Tas wat oor sy musiek en lirieke gesels asook hoekom dit belangrik is om die volgende geslag van ons Afrikaanse geskiedenis te vertel.
Ons gaan voort met ons tweede artikel in die reeks, “’n Vader-en-seun-reis na Bybelse manwees”. Die artikels in hierdie reeks is spesifiek daarop gemik om as ’n spansessie vir pa’s en seuns gebruik te word.
Ons het kos vir die gees met bydraes deur Riekert Botha (“Opgee vs. oorgee”) en Kobus Roodt (“Verryk jou geloof”) en getuienisse wat jou sal bemoedig.
Moenie hierdie en vele ander artikels misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Adam Tas – ‘Woorde Wat Tot By God Se Ore Rank’
- Leer Kinders Die Kenmerke Van Goeie Vriendskappe
- Skuldberading – Waak Teen Wanvoorstelling En ‘Verkeerde’ Hulp
- ‘Rebounding’, Die Superoefening
- Oxygen – Suurstofterapie
- Die Sierlike Seeperdjie
- Watter Bewyse Is Daar Dat Die Bybel Die Woord Van God Is?
- Die Christendom Onder Skoot
- Westerse ‘Vervolging’ Wat Vir Die Hedendaagse Samelewing Voorlê
- Gevalle In SA Waar Godsdiensvryheid In Die Gedrang Is
- Die APA: Vergesigte Vir Die Volgende Geslag
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Rejoice
- Mislukking Is ’n Opsie
- Leer Vir God Ken
- Karakters Van Die Bybel – Noag
- ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees
- Die Boer, Stephan Nieuwoudt, Se Getuienis
- Niks Is Vir God Onmoontlik Nie
- Beskerming Van Khayelitsha Se Kinders
- 50 Jaar Van Genade – Geopende Deure
- TWR Kenia Se Uitsendings Vir Vlugtelinge
- Die Getal Wat Tel, Is Altyd Een
- Verryk Jou Geloof: Kobus Roodt
- Opgee Of Oorgee: Riekert Botha
- God Sluit In, Nie Uit Nie: Marisa Badenhorst
- Boemelaars Aan God Se Tafel: Lourieke Haller
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie de Lange
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Soek Die Woord
- Bybelvasvra
- Blokraai