As jy nodig het om uit jou maag te lag, is Mariette Loubser, op ons Junie-uitgawe se voorblad, net die regte medisyne. ’n Lepelvol van haar humor sal enige swartgalligheid verdryf. Sy is snaaks – regtig snaaks. Van haar stand-up vertonings is: Wanneer trou jy? Toeris-toeris; Die kerkkys (oor Christen-dating) en Toe Apple nog ’n vrug was. Lees gerus meer oor hierdie komediant en sanger, want haar Christenskap is vir haar ’n saak van erns en haar passie vir Jesus is hoogs aansteeklik!
In hierdie uitgawe fokus ons ook op God se skepping en ons rol as Christene om goeie rentmeesters te wees. Lees oor die bedreiging vir ons oseane in “’Seaspiracy’: ’n eksistensiële bedreiging vir die wêreld oseane”, “Sal daar diere in die Hemel wees?” en “Sorg vir die planeet”.
Ons het iets vir pa’s met Rainer Boshoff se reeks “ ’n Vader-en-seun-reis na Bybelse manwees” en ds. Dirkie van der Spuy se artikel “Liewe Pa”. Lees ook die twee getuienisse wat van God se wonderbaarlike ingryping in mense se lewens getuig, “Van onvrugbaarheid na wonderswangerskap” en “Die vreemdeling op die trein”.
Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Mariette Loubser – Komediant En Koninkrykskind
- Die Geheim In Die Lewe Is Om Te Gee
- God Het ’n Plan
- Sal Daar Diere In Die Hemel Wees?
- ‘Seaspiracy’: ’n Eksistensiële Bedreiging Vir Die Wêreld Se Oseane
- Sorg Vir Die Planeet
- Dawid Die Nederige Oorwinnaar
- Woorde Van Wysheid
- Geswartlys? Wat Nou?
- Christenskap In Die Werkplek
- Verpligte Inentingspaspoorte Is Ongrondwetlik
- Snopes Blootgelê
- Die Antwoord Lê By Die Mense En Die Proses
- Leer Vir God Ken
- Karakters Van Die Bybel – Jakob
- ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees
- Hy Snoei Ons In Liefde
- God Is ’n God Van Wonderwerke
- Die Vreemdeling Op Die Trein
- Geheime Gelowige Vind Vryheid In Die Tronk – Geopende Deure
- Evangelisasie Bootcamp – CfaN
- Hoe Beskerm Ons Kwesbare Kinders? – World Vision
- Shirtuya Ontdek Die Grootste Skat Bo Alles – FEBA
- ’n Reis Uit Duisternis Na LIG
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie de Lange
- Jou Tone Is Nie ’n Getuienis Vir Jesus Nie: Lourieke Haller
- Die Heilige Gees Is In My, Langs My: Willem Badenhorst
- Spandeer Meer Tyd Aan Wyses En Minder Aan Dwase: Stephan Joubert
- Liewe Pa: Dirkie Van Der Spuy
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Blokraai
- Bybelvasvra