In hierdie Paasuitgawe het ons heerlike opbouende en positiewe artikels. Lees oor die eenheid en nuwe begin in Senekal met die Senekal- en Matwabeng-gemeenskappe wat hande gevat het en self iets aan die stand van sake in hulle dorp begin doen het. Lees ook gerus Stephan Nieuwoudt, wat ’n plaas net buite Senekal gehad het, se kragtige getuienis oor vergifnis.
In aansluiting met die tema van vergifnis sluit ons ook die verhaal van Olga in. Iemand wat in 1952 haar tweeling as ongehude moeder moes laat aanneem. Die roerende getuienis is ’n verhaal van geheime hartseer en skuldgevoelens wat deur die Here se liefde en genade in blydskap en versoening omskep word wanneer Olga en haar twee dogters weer herenig word.
Het jy al gewonder hoekom die dissipels en die Emmausgangers nie vir Jesus herken het ná Sy opstanding nie. Lees gerus ons artikels oor die leë graf vir die antwoorde op hierdie vrae. Ons vier vandeesmaand Paasfees en die wonderlike oorwinning wat Jesus vir ons aan die Kruis behaal het. Lees gerus die artikel, “Jesus het vir my gesterf” om weer eens herinner te word wat Sy woorde aan die Kruis vir ons beteken en wat die kruisiging werklik vir ons beteken.
Moenie hierdie en vele ander artikels misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Jesus Het Vir My Gesterf
- Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer
- Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal
- Woorde Van Wysheid
- Waarom Is Die Leë Graf So Belangrik?
- Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie?
- Wat Het Gebeur Op Die Pad Na Emmaus?
- Peter Vandenberg Vier 40 Jaar In CfaN
- Poue, Voëls Van Anderse Vere
- Waarom ’n Vaderlose Seun Mentor?
- Christenskap In Die Werkplek
- Kredietkaartskuld, Jy Is Nie Alleen Nie
- Hoe Kan Ons Vroue-Entrepreneurskap In SA Laat Groei?
- Die Krag Van Verkoopspesialiste
- Karakters Van Die Bybel – Barabbas
- Leer Vir God Ken
- ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees
- Van Armoede Tot Voorsiening, Patela En Mfundo Se Getuienis – W4AL
- ’n Boer Se Getuienis Van Vergifnis
- Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer …
- Liefde Vir Die Verstoteling
- Wanneer Geloof Tragedie Oorkom – Geopende Deure
- Ondanks Die Pandemie Vul Christelike Uitsendings Kirgisië – FEBA
- Golwe Van Herlewing Op Die Strand – CfaN
- Die Openbarings In Openbaring: Elza Meyer
- Empatie: Lucille May
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Net Christus Alleen, Of Christus Plus: Stephan Joubert
- Lewe Vanuit Oortuiging In Onseker Tye: Phillip Pretorius
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Soek Die Woord
- Bybelvasvra
- Blokraai
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck