Die Mei-uitgawe van JUIG! fokus op geloof wat staande bly wanneer dinge skud en op ’n lewe wat doelbewus op God se Woord gebou word. In ’n Lewe gevul deur die Heilige Gees word ons herinner aan die krag en leiding van die Gees, terwyl artikels soos 4 stappe om vrees deur waarheid te oorkom en 4 dinge om teen te waak in moeilike tye help om met vaste oortuiging en onderskeiding te leef. Aktuele vrae kom ook na vore in Sal VVV’s jou geloof in God skud? en moeiliker temas word eerlik aangespreek in ’n Bybelse perspektief op die dood en Die ware konflik in die Midde-Ooste – ’n Stryd om waarheid. Soos altyd bring JUIG! ook bemoedigende getuienisse, sendingverhale en Bybelse insigte wat gelowiges toerus om met geloof, hoop en volharding te leef.
Louis en Hettie Brittz deel Die geheim agter gesonde gesinne in eerlike, Bybelse insigte oor wat dit verg om ’n gesin te bou wat standhou. Hulle wys hoe ’n sterk huwelik die fondament lê vir ’n gesonde huis en hoe doelbewuste keuses ’n blywende verskil maak. Met praktiese raad en wysheid uit ervaring help hierdie artikel lesers om hul verhoudings te versterk en hul huise op God se Woord te bou. ’n Voorbladartikel wat elke gesin sal bemoedig en toerus.
Hierdie uitgawe van JUIG! is ryk aan waarheid, perspektief en bemoediging vir elke gelowige wat met geloof en onderskeiding wil leef. Moet ook nie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie. Hierdie uitgawe is propvol inspirasie, insig en Bybelse waarheid vir elke seisoen van die lewe.
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R519 en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
Voorbladartikel:
– Louis & Hettie Brittz: Die geheim agter gesonde gesinne
Artikels:
– ’n Lewe gevul deur die Heilige Gees
– Die moed van ’n moeder
– Sal VVV’s jou geloof in God skud?
–’n Onderhoud met The Kiffness
– 4 stappe om vrees deur waarheid te oorkom
– 4 dinge om teen te waak in moeilike tye
–’n Bybelse perspektief op die dood
– Blaas nuwe lewe in jou gesondheid
– Genesing, vernuwing en transformasie
– Die ware konflik in die Midde-Ooste – ’n Stryd om waarheid
Reekse:
– God se vingerafdrukke: Skuiling tussen tentakels
– Karakters van die Bybel: Die barmhartige Samaritaan
– Het jy geweet?
– Die fondament van ’n kampioen: Ouers as rolmodelle
Sending En Getuienisse:
– Dankie Here, ek weet dit was U
– 12 jaar, 2 operasies, een getroue God
– Die hart van Evangelisasie – CfaN
– Soldate aan die voorpunt van die Kruis
– Lewe en hoop vir Afrika se jeug
– Waar werk ’n roeping word
Rubrieke:
– Leef gereed, leef getrou – Redakteursbrief
– Die krag van die Woord
– Rentmeesterskap is ’n ingesteldheid
– Wanneer ’n sjokoholis begin vas
– Moenie bang wees nie – God is met jou
– Drie punte oor sonde
– ’n Hart wat God vertrou – Herman de Kock
– Is jou naam geskryf in die Boek van die Lewe?
Gereeld:
– Briewe aan die redaktrise
– Inkleurpret
– Blokraai
– Soek die woord
– Toets jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae




