Die November-uitgawe het ’n heerlike verskeidenheid artikels wat jou sal interesseer. Lees gerus die nuuswaardige artikels om jouself op hoogte van die jongste sake te hou: “Word Magog-profesie ’n werklikheid?” en “Regerings se gebruik van gesigherkenningstegnologie is die einde van jou privaatheid”. Maak seker jy lees “Die era van die leuen” om te vermy dat jy ook die “media-niete” steun in hulle verspreiding van vals boodskappe en nuus – selfs sogenaamde Christelike nuus! Ons sendingafdeling hou aan groei – ondersteun asseblief hierdie bedienings wat Jesus se hande en voete in die wêreld is. Daar is drie pragtige getuienisse om jou te bemoedig.
Vir dames wat graag fiks wil word en gewig verloor, is daar ’n inspirerende artikel, “Body & Soul waar geloof en oefening mekaar ontmoet”.
Met leringsartikel deur prof. Stephan Joubert en ds. Willem Badenhorst maak ons seker dat jou gees ook gevoed word.
Bly op hoogte van Christelike sake, sending en nuus sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Word Magog-Profesie ’n Werklikheid?
- Geskiedkundige Agtergrond Van Die Eindtye
- Regerings Se Gebruik Van Gesigherkenningstegnologie Einde Van Jou Privaatheid
- Die Era Van Die Leuen
- Die Kerk En Die Jode – ICEJ
- Project Joseph – Barnabas Fund