November 2020

In ’n tyd waarin dit maklik is vir mense om magteloos te voel oor alles waaroor hulle geen beheer het nie, is dit miskien goed om herinner te word aan Nick Vujicic. Iemand wat magteloos is om enigsins iets te verander aan die feit dat hy sonder arms en bene gebore is, maar wat daardie struikelblok oorkom het en vandag ’n suksesvolle loopbaan en ’n liefdevolle gesin van sy eie het. Lees gerus in ons November uitgawe oor hom en sy gesin.

Met plaasmoorde op almal se lippe, het ons ’n onderhoud met eerw. Kenneth Meshoe van die ACDP gevoer oor die party se versoek dat plaasmoorde as haatmisdade verklaar moet word en dat die kommando teruggebring word om veiligheid op plase te verseker.

Lees ook dr. Elza Meyer se bemoedigende artikel, “Die krag van seën” en hoe belangrik dit is dat ons mekaar seën.

Vind meer uit oor Smart Choices – die nuwe waardegebaseerde leerplan vir seksualiteitsvoorligting – ’n veilige en geloofwaardige alternatief tot die skadelike ideologie van CSE en oor dr. Jacques de Vos se oorwinning. 

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • -Nick Vujicic – God Omskep ’n Struikelblok In ’n Verhoog
  • -Waarborg Christenskap Gemak En Rykdom?
  • -Om Verhoudings Te Genees
  • -Die Effek Van Die Inperkingstyd Op Verbruikers En Kredietverskaffers
  • -Wat Jou Sosialemedia-Boodskappe Vir Ander Oor Jesus Sê
  • -Die Intelligente Seekat – Die Meesteringenieur Het Geweet Wat Hy Doen! 
  • -Dankbaarheid 
  • -Raak Ontslae Van Jou Bekommernisse
  • -Sewe Gewilde Bybelverse Wat Dikwels Buite Konteks Aangehaal Word 
  • -Christenskap In Die Werkplek 
  • -Woorde Van Wysheid 
  • -Wat Sê Die Bybel Oor Selfgesentreerdheid? 
  • -Wat Van Die Selfiekultuur? 
  • -Wat Sê Die Bybel Oor Die Eiegeregtige Kultuur? 
  • -Kinderbediening – ’n Gemeente Se Hoogste Prioriteit
  • -Plaasmoorde – Ons Praat Met Kenneth Meshoe Van Die ACDP
  • -Saggies Loop Oor Ander Se Seer …
  • -In Ál Hierdie Dinge Meer As Oorwinnaars Deur Hom!
  • -Leer Vir God Ken 
  • -Karakters Van Die Bybel – Simon Die Towenaar
  • -Kersfeesvieringe Te Midde Van Dwelmbendes – Geopende Deure 
  • -Van ’n Sinkhuisie Tot ’n Bediening Wat Lewens Verander – Global Challenge 
  • -Die Man Wat Nie Tot Sterwe Kon Kom Nie 
  • -Die Liefde Van Christus Bereik Kinders In Indonesië – FEBA
  • -God Skud Tanzanië –CfaN 
  • -Evangelis Israel Taylor 
  • -My Geloofspad Met Kanker
  • -Hoekom Is Christene So Bang Vir Die Eindtyd: Stephan Joubert
  • -Die Krag Van Seën: Elza Meyer
  • -Reg En Geregtigheid Is Die Grondslag Van Sy Troon: Pearl Kupe
  • -Woef-Wyshede
  • -JUIG! Pitkos
  • -Bybelvasvra 
  • -Soek Die Woord
  • -Blokraai
  • -Vra Jou Vrae: Val Waldeck