JUIG! Oktober 2017
JUIG! Oktober 2017
Ons Oktober-uitgawe is soos gewoonlik propvol idees vir skoolverlaters wat inligting soek oor moontlikhede vir ʼn brugjaar. In hierdie uitgawe stel ons ook ʼn nuwe jong gospeltalent, Johan Brits bekend.
Lees gerus ook ons getuienisartikels: ‘Trauma met ʼn kettingsaag’ en ‘Strome van lewende water uit die Kalahari’. Ons het ook sterk getuienisse van die sendingorganisasies, FEBA en Geopende Deure wat jou sal begeester.
Vind gerus uit hoe jou kerk by ʼn veldtog kan aansluit wat poog om die land dorp vir dorp, stad vir stad te evangeliseer deur Bennie Mostert se artikel te lees. Laat pastoor Nevile Norden se artikel oor geloofsvlakke jou inspireer en jou geloof versterk.
Die artikel oor die fopnuusepidemie, ‘Die waarheid het gesneuwel’, is een wat jy nie moet misloop nie. Stuur dit sommer aan almal wat fopnuus goedsmoeds na jou aanstuur en nie onbewus is van die nuwe neiging om vals nuus doelbewus te versprei.
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons Oktober-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Die Rol Van JUIG! Tydskrif In Suid-Afrika
- Vreugde Is Ook Vir Ons Bedoel: Stephan Joubert
- Harvesters Ministries
- Cai Se Getuienis ̶ FEBA
- “Ek Het God Uiteindelik Gevind” ̶ Geopende Deure
- Die Gesin, Die Fokus Van Maatskaplike Ontwikkelingsbeleid: Errol Naidoo
- Die Waarheid Het Gesneuwel
- Goliat Moet Val
- Evangeliseer Die Land: Bennie Mostert
- Bybel In ʼn Neutedop: Handelinge (Deel 2)
- Dawid Se Aanbidding
- Baie Naby Aan God: Elza Meyer
- Oop Deure ̶ Die Deurgang Na Geestelike Seisoene
- Geloofsvlakke
- Woorde Van Wysheid
- Gerrie Bester ̶ My Verantwoordelikheid As Werknemer
- Is Jy ʼn Sprinkaan Of ʼn Reus?
- Trauma Met ʼn Kettingsaag
- Strome Van Lewende Water Uit Die Kalahari
- Johan Brits ̶ Aanbidding Met Visie, Passie, En Inspirasie
- Brugjaar 2018
- Waar Die Kerk Fouteer Met Enkellopendes En Die Huwelik
- Vroue Van Geloof
- O Ja! Mans Kan Ook Kos Voorberei
- TBN-Televisiegids
- Die Voete100-Projek ̶ Samaritan’s Feet