Die virus is skrikwekkend want hy is onbekend, onsigbaar en versprei blitsvinnig. Maar hoe groter die kommer, hoe makliker is ons die prooi van satan. Hoe minder ons ons bekommer, hoe makliker om satan te oorwin. Niemand weet wanneer die duiwel nog aanvalle gaan loods nie. Daarom is dit baie noodsaaklik dat ons onsself met God se wapenrusting sal toerus (Ef 6:14-18). Doen dit en smeek God vir hulp en bystand. Die Bybel bied vir ons baie pitkos om van bekommernis ontslae te raak: Psalm 27:14: “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” Psalm 31:23: “Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het.” Psalm 34:6: “Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.” Psalm 46:2-4: “God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid.” Ten slotte: Psalm 16:1: “By U is daar oorvloedige blydskap en uit U hand kom net wat mooi is.”
Peet Pelser