Sal iemand wat wel ’n gelowige is, maar nie in die wegraping glo nie, deel hê in die wegraping? Ek glo nie so nie, want die Bybel sê: “Laat dit vir julle wees volgens julle geloof” – Matteus 9:29. Indien jy nie in die wegraping glo nie, kan jy nie deel in die wegraping nie. Dit sal dan met hierdie mense wees soos met die vyf dwase maagde. Hulle het in die bruidegom geglo, maar het nie geglo dat hy die besondere nag sou kom nie. Hulle was nie voorbereid op sy koms nie, wat blyk uit die feit dat hulle nie genoeg olie in hulle lampe gehad het nie. Tragies, dat toe hulle later by die bruilofsmaal probeer aansluit, het die bruidegom hulle weggewys omdat hy hulle nie geken het nie.
Joas Natan