Wat ’n besonderse artikel in die September-uitgawe van JUIG! Die artikel het my eie hartsbegeerte as kunstenaar geëggo! Die artikel oor René Snyman wat as Christen met “lig” in haar skilderye skilder en die leiding wat sy van Gerhartz ontvang het, is uitstekend. Die foto’s daarby is puik. ’n Mens kry ’n warm gevoel in die hart om te besef dat daar kunstenaars is wat hulle Christenskap in hulle kuns uitleef; wat erken dat net God ons Saligmaker is en dat wedergeboorte noodsaaklik is in mens se pad van heiligmaking. Dankie vir al die informasie in die artikel – veral oor die werkswinkels wat sy aanbied. As gevolg van die artikel en ander, kan ek net vir JUIG! dankie sê vir die puik en besonderse tydskrif wat dit is.
Steve Strauss (kunstenaar van Schweizer-Reneke)