Die nadraai van die koronavirus

Kan dit wees dat die virus die tafel dek vir ’n wêreldwye ekonomie en kerk? Dit staan geskryf in die Skrif dat die antichris die wêreld vir sewe jaar gaan regeer met sy 666 ekonomiese nommer (Op 6-9, 13 en 16). Die tafel staan tans mos vir hom gedek om daarmee te begin. Die vraag is nou: Hoe lank gaan hy wag om by die tafel aan te sit? Ek wonder maar net! Italië, met die pous in die Vatikaan en sy wêreldwye 1,3 biljoen lidmate het swaar deurgeloop. Al die kerkdenominasies wêreldwyd is tydelik gesluit ter bekamping van die virus. Eenvormige optrede is ’n voorvereiste. Sonder twyfel is die tafel ook in hierdie geval vir ’n wêreldwye kerk gedek. Volgens Openbaring 6 tot 9 en 16 gaan biljoene mense tydens die sewe jaar in verskeie natuurrampe sterf. Die antichris gaan al die Christene laat onthoof wat weier om die 666-nommer te aanvaar (Op 20:4). In die Skrif is dit duidelik dat God beplan het om die Kerk, Sy Bruid, weg te raap voordat hierdie sewe jaar van wrede bloedvergieting gaan begin (1 Tes 4:13-18). Is jy gereed vir die wegraping?                                                                 

AS