Die sogenaamde “geheime wegraping” is een van die grootste misleidings en nee – ek glo beslis nie daaraan nie. Dit is die produk van Francisco Ribera (1537-1591) om die aandag van die ware Antichris af te trek. Die fiksieboeke van die Left Behind-reeks, het die wye publiek op hol gejaag en futurisme weer laat herleef. Denkers wat die waarheid wil weet, kan self die geskiedenis op betroubare platforms gaan soek. Die Bybel sê níks van ’n geheime wegraping nie. Die Antichris is al lankal in vermomming in ons midde. Dié wat nie biddend die Bybel studeer nie, gaan mislei word!
Cheryl Jonker