“Waarom is die wetenskaplike gemeenskap so teen kreasionisme gekant?” in die Julie-uitgawe was ’n baie interessante artikel. Ek glo dat die God van die Christelike Bybel, álles en almal deur Sy Seun, Jesus, geskep het (Ef 3:9). Ek ken ’n wetenskaplike wat nie net ’n evolusionis was nie, maar ook ’n ateïs. Dit was juis sy studie van kreasionisme wat hom ’n Christen laat word het. Hy is vandag ’n wêreldbekende spreker met sy eie televisiestasie en praat graag oor kreasionisme versus evolusie. Goeie tydskrif – doen so voort!
Eldene Goosen