Waar is die onderskeiding?

Ek is so moeg daarvoor om soveel WhatsApp-boodskappe van Christene te ontvang wat video’s aanstuur – meestal samesweringsteorieë van ongenoemde bronne of deur mense waarvan ek nog nooit vantevore gehoor het nie. Dit is regtig oorweldigend en misbruik my WhatsApp-nommer. Ek vee die meeste van die boodskappe net uit, maar hoe kry ek mense so ver om op te hou met die aanstuur van die boodskappe? My kinders sê vir my dat daar sosialemedia-protokol is, maar oënskynlik weet almal wat ek ken, niks daarvan nie. Help asseblief. Publiseer ’n paar reëls of iets hieroor.

Tommy Cambell