JUIG! April 2014
In ons Paas-uitgawe, wat 24 Maart op die rakke beskikbaar sal wees, word daar na die drie moontlike verklarings vir die opstanding van Jesus gekyk: as ʼn biologiese wonderwerk, ʼn sielkundige wonderwerk, of ʼn teologiese wonderwerk. In aanloop tot die verkiesing bespreek ons die rol van Christene in die politiek in diepte. Errol Naidoo lig ons lesers in oor wetsontwerpe wat binnekort ter tafel gelê sal word en wat direkte impak op Christene sal hê. Charl van Wyk bespreek die Christelike invloed in die samelewing en ons vind uit waarom en hoe ons vir ons leiers moet bid. Glo jy in God, maar leef asof Hy nie bestaan nie? Lees Craig Groeschel se artikel, ‘Die Christen-ateïs’ en laat die Heilige Gees jou na ʼn nuwe lewe vir God lei. Ons sluit in hierdie uitgawe ons reeks oor die Tien Gebooie af en Peter Hammond behandel die boeke 1 & 2 Konings. Vind uit oor ʼn interessante nuwe hulpmiddel vir selgroepe en -leiers in die artikel, ‘Here, nie ek nie!’
- Wêreldwaarnemingslys ̶ Geopende Deure
- Het Jy Geweet?
- Christene En Politiek
- Bid vir ons leiers: waarom en hoe
- Gewillig om te verander: Dirkie van der Spuy
- Die Stryd Vir die Millenniumgenerasie
- Die Christen-Ateïs
- Die Tiende Gebod: Jy Mag Nie Begeer Nie
- Ligloop vir die Godsdienstige tweeling
- Die Betekenis van die opstanding van Jesus
- Die Bybel in ʼn neutedop ̶ 1 & 2 Kronieke
- Moenie bevrees wees nie: Retah McPherson
- Kruistog in Namibië
- Die slag van Majuba
- Laat ons nie vergeet nie: Angus Buchan
- Swellendam
- Lê ʼn fondasie van sukses: Myan Subrayan
- Lof Met Louis ̶ Wanneer Is Ons Aanbidding Heilig?
- Here, nie ek nie!
- Mia Slabbert
- Op Die Man Af! ̶ Moet ʼn Christen stem?