JUIG! Maart 2014
In ons Maart-uitgawe, met Clemens en Stephanie Mans van Kruiskyk op die voorblad, vind ons meer uit oor hulle Christelike TV-kanaal en hoe dit ʼn platform skep vir ander se Woord- en sangbedienings. Daar is raad vir die gesin in Gretha Wiid se artikel oor konflik in die huwelik en Bennie Mostert se verduideliking waarom gehoorsaamheid van kinders aan hulle ouers so belangrik is. In die insiggewende artikel oor transendentale meditasie word die verskuilde agenda daaragter die implementering daarvan in ons skole, blootgelê, asook hoe Christelike meditasie daarvan verskil. Lees oor Fergus Buchan se bediening na die mees onherbergsame dele van Afrika en hoe God Henry en Mandy Jackson deur ʼn plaasoorname in Zimbabwe gedra het. As jy Peter Hammond se reekse oor die Tien Gebooie en boeke van die Bybel geniet, moet jy nie ons Maart-uitgawe, wat 17 Februarie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, misloop nie. In hierdie uitgawe word die Negende Gebod en 1 en 2 Samuel bespreek.
- Alles Is Vergewe: Stephan Joubert
- Die Maledive ̶ Geopende Deure
- Die Negende Gebod: Jy Mag Nie Vals Getuienis Teen ʼn Ander Gee Nie
- Die Bybel In ʼn Neutedop: 1 & 2 Samuel
- Transendentale Meditasie
- Wat Is Christelike Meditasie?
- Clemens en Stephanie Mans Droom Groot
- Wanneer Kinders Van Die Here In Die Huwelik Baklei: Gretha Wiid
- Eer En Gehoorsaamheid: Bennie Mostert
- Kan Christene Aanlynverhoudings Aanknoop?
- Fergus Buchan ̶ Geloof In Die ‘Ruveld’ Van Sending
- Plaasoorname ̶ Alles Prysgegee Ter Wille Van Christus
- Laat Dit Aan God Oor: Angus Buchan
- Graaff-Reinet
- Martinus Steyn ̶ Kampvegter Vir Vrede
- Johan Kriel
- Hier Kom ʼn ding: Myan Subrayan
- Lof Met Louis ̶ Wanneer Is Ons Aanbidding Heilig?
- Op Die Man Af! ̶ Hoekom Is Afrikaans Groot?
- Benescke Janse Van Rensburg