Geseënde Paasfees! In ons Paasuitgawe ondersoek ons Christene se viering van Paasfees. Ons kuier saam met Henry en Justine Pike. Justine is Gary en Rhona Kieswetter se dogter en Henry is ’n gospelsanger en -aanbiddingsleier – Hy het die aanbidding by die It’s Time-byeenkoms in Bloemfontein (2017) en Kaapstad (2018 ) gelei. Die twee gesels oor verlies, ontnugtering, suiwering en ’n opgewondenheid oor ’n nuwe geestelike seisoen.
Het jy geweet daar is ’n sogenaamde “Wicked Bible” met ’n spelfout in wat lui: “Thou shalt commit adultery” in plaas van “Thou shalt not commit adultery” en dat dit meer as 1 000 jaar lank geneem het om die Ou Testament te voltooi? Vir nog interessante feite oor die Bybel, lees die artikel “Het jy geweet?”
Wees ingelig oor die konflik in die Oekraïne en lees gerus die twee artikels “ Redes hoekom die oorlog in die Oekraïne jou ook raak” en “Rusland, die nageslag van Magog (die kleinseun van Noag)”.
Daar is ’n insiggewende artikel oor dinosourusse en drake en ook ’n interessante skeppingsartikel oor diere en hulle veelkleurige velle.
Moenie hierdie en vele ander artikels misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
- Henry En Justine Pike
- Passie Vir Jesus, Passie Vir Mense
- Godsdiensvryheid In ’n Post-Covid-Wêreld
- Rusland, Die Nageslag Van Magog
- (Kleinseun Van Noag)
- Drie Redes Hoekom Die Oorlog In Die Oekraïne Jou Ook Raak
- Woorde Van Wysheid
- Leer Jou Kinders:
- God Is Iemand Wat Naby Is, Hoor En Omgee
- Maak Jou Kind Die Held In Sy Eie Storie
- Moet Christene Paasfees Vier
- Of Is Dit Heidens?
- Vergete Jesus-Model, ’n Kopskuif Is Nodig
- Dinosourusse En Drake
- Fantastiese Veelkleurige Velle
- Vergewe Sewentig Maal Sewe
- Christenskap In Die Werkplek
- Het Jy Geweet?
- Kommentaar Oor Galasiërs 2:19-20
- Karakters Van Die Bybel – Simon Van Sirene
- As God Jou Wil Seën, Wie Kan Hom Keer?
- Kora, Episode 2: Julita Kok
- Die Dag Toe Ek God Ontmoet Het