Februarie/Maart 2022

Die paartjie op ons voorblad vir die Februarie/Maart-uitgawe is Jaco en Clarice Visser. Hulle boodskap aan Christen-enkellopendes is: “Om te wag vir die regte een, is die moeite werd!” In hierdie voorbladartikel praat hulle eerlik oor die uitdagings wat “singles” in die kerk ervaar, om rein te bly en vertel natuurlik ook hoe die Here hulle bymekaar gebring het ná ’n lang wag. 

Dit is nie almal wat deur ’n krokodil aangeval word wat dit oorleef om die verhaal te vertel nie. Lees gerus hoe die Here Quintin Enslin se lewe gespaar het. Dink jy wonderwerke het net in Jesus se tyd gebeur? Lees gerus Hermien van den Bergh se getuienis oor ’n verlamde dogtertjie vir wie hulle gebid het. 

Vir gesinsake is daar Heinz Winckler se rubriek, “Een gesin op ’n slag” en ook Herman de Kock se interessante artikel, “Hoe benader ons die Skeppingsverhaal met kleuters?” Lees gerus ook die artikel, “Vyf maniere om seuns groot te maak”. 

Bly op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake met ons nuus en sendingartikels en gebruik dit om met insig voorbidding te kan doen. 

Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

- Jaco En Clarice Visser – Die Regte Een Is Die Moeite Werd Om Voor Te Wag
- Nuus
- Die Volksrepubliek Van China
- Hou die standbeeld Wat Buite Die VN Gestaan Het Enige Verband Met Die Dier Van Die Eindtyd
- Kanselleerkultuur, Die Antitese Van Verdraagsaamheid
- Wat Is Die Betekenis Van Egipte In Die Bybel?
- Hoe Benader Ons Die Skeppingsverhaal Met Kleuters?
- Vyf Maniere Om Seuns Groot Te Maak
- Hoe Om Die Bybel Te Lees
- Bome, God Se Skeppingskrag Ten Toon Gestel
- Waarom Sukkel So Baie Mense Met ’n Gebrek Aan Geloof?
- Wat Is Die Verskil Tussen Geloof En Hoop?
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek: David Malherbe
- Het Jy Geweet?
- Kommentaar Oor Romeine 12:12
- Karakters Van Die Bybel – Daniël
- Die Hand Wat Wuif
- Krokodilaanval! ’n Geveg Om Lewe En Dood
- Kora 2022, Episode 1: Julita Kok
- Die Hart Van ’n Sendeling: Hermien Van Den Bergh
- Vervolging Van Christene Neem Teen ’n Tempo Toe – Geopende Deure
- 2021 ’n Jaar Van Ongekende Groei – CfaN
- Tsjad: ’n Oase In Die Woestyn – FEBA
- My God Sal In Al My Behoeftes Voorsien
- Die Onbeduidendes: Ilse Kleyn
- Wat Die Hart Van Vol Is: Lourieke Haller
- Bybellesers By Checkpoint Charlie: Maretha Maartens
- Een Gesin Op ’n Slag: Heinz Winckler
- God Sorg Vir Die Mossies En So Ook Vir Ons: Heinrich Gabler
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie de Lange
- Dit Is Tyd Om Te Bid: Gary Kieswetter
- Ek Skryf Niemand Uit Die Hoogte Af Nie: Stephan Joubert
- Slegs Vier Woorde: HJ Cronjé
- Redakteursbrief
- Woefwyshede
- Briewe
- Blokraai
- Bybelvasvra
- Soek Die Woord
- Ek Weet Dit Was U, Here
- Vra Jou Vrae
- Brokkies