Augustus 2016

JUIG! Augustus 2016
JUIG! Augustus 2016
In hierdie uitgawe is daar artikels propvol inligting oor groenenergie, lees gerus: ‘Hernubare Energie, Pronkstuk Van Die Groen Rewolusie’; ‘Energie: Alternatiewe is haalbaar’; en ‘Neem Beheer van energieverbruik!’ Dr. Michelle Strydom verduidelik waarom perfeksionisme tot siektes soos diabetes en Alzheimer se siekte kan lei en Johan Jacobs van Go Natural bespreek die belang daarvan om by die grondoorsaak van siektetoestande uit te kom.
Voed jou gees met ons gereelde medewerkers se uitstekende bydraes en neem gerus kennis van Hallelujah Namibia en Gospel Skouspel 2016 – twee gospel- en aanbiddingsgeleenthede wat jy nie moet misloop nie.
Laat die positiewe artikels in hierdie uitgawe jou inspireer vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Hallelujah ̶ ʼn Nasie Bring Lof
- Wen Verlore Veld Terug: Corné Krige
- Die Kerk, ʼn Pilaar Vir Die Wêreld: Errol Naidoo
- Quo Vadis ̶ Waarheen Gaan Suid-Afrika: Elza Meyer
- Tunisië ̶ Geopende Deure
- ʼn Sterker Stem Vir Jesus ̶ TWR
- Susan Lombaard, Onbeskaamd Afrikaans
- Kaaps-Hollandse Argitektuur
- Christenskap In Die Werkplek
- Hernubare Energie, Pronkstuk Van Die Groen Rewolusie
- Energie: Alternatiewe Is Haalbaar
- Neem Beheer Van Energieverbruik!
- Vertrou Op God
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Nahum
- Nie My Wil Nie