JUIG! Feb-Mrt 2016
JUIG! Februarie/Maart 2016
Is jy vertroud met die term ‘transhumanisme’? In hierdie uitgawe doen ons verslag oor 'n paar onderwerpe waarvan Christene moet kennis neem. Transhumanisme is ʼn gevaarlike praktyk, maar is egter niks nuuts nie. Hitler het met hierdie einste kwessies geëksperimenteer, maar vandag se wetenskaplikes voer dit uit onder die dekmantel van “navorsing” en ontvang volle befondsing van sekulêre regerings en universiteite af.
Dan het ons nog 'n interessante artikel oor die ‘Die ontluikende kontantlose samelewing’. Wat eens so ver en vergesog gelyk het, staan nou voor ons deur.
In die lig van die voordurende gewelddadige betogings en algemene negatiewe ingesteldheid in die land is Errol Naidoo se artikel, ‘Spreek lewe uit oor Suid-Afrika’, ʼn moet lees. Laat Arno van Niekerk se artikel, ‘Het God ʼn plan met Suid-Afrika?’ jou ook bemoedig.
Laat die positiewe en bemoedigende artikels in hierdie uitgawe jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Spreek Lewe Uit Oor Suid-Afrika: Errol Naidoo
- ACDP-kommentaar
- Het God ʼn Plan Met Suid-Afrika: Arno Van Niekerk
- Afrika Vir Israel
- TWR Nuus
- Bemagtiging Van Vervolgde Vroue ̶ Geopende Deure
- Transhumanisme
- Bye Se Navigasie
- Die Ontluikende Kontantlose Samelewing
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Amos
- Noodsaaklike Boustene Van ʼn Stewige Fondasie
- ʼn Slavin Se Getuienis: Gerald Ferreira
- Van Uitbranding Tot Vernuwing
- Camp David ̶ Roep Julle Dapper Manne Op!
- Marilize De Clercq ̶ Skoonheid Wat Van Binne Kom
- Wat Sê Die Bybel Oor Narcisme?
- Waagmoedige Navolger Van Jesus: Stephan Joubert
- My Reis Na Genesing Saam Met Go Natural
- Christenskap In Die Werkplek
- Regardt Van Den Bergh: “Dis Nie Luck Nie ̶ Net Genade”
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Die #imagine-beweging
- Tygerberg 104FM ̶ Kalender 2016
- Op Die Man Af! ̶ Is Daar Hoop Vir 2016?