Februarie 2023

JUIG! Februarie-uitgawe

Februarie-maand is die maand van die liefde en ons uitgawe bekyk die liefde vanuit alle hoeke. Die paartjie op ons voorblad, Jimmy en Anri Powell, getuig hoe God hulle huwelik volkome herstel het en Chip Ingram gee vir ons goeie raad oor hoe om ’n gesonde, florerende huwelik te kweek. Die artikels, “Vyf Stappe Om Vertroue In Julle Huwelik Te Herstel” en “Berei Paartjies Vir Die Huwelik Voor Met ’n Bybelse Benadering” is ook daarop gemik om jou te help om ’n goeie huwelik te bou.

Ons kyk na die Koinonia Sinode, die Bybel-vertaler William Tyndale, en ondersoek manwees in ’n ontmande wêreld. Ons getuienisartikels sluit in een oor Joshua Aaron wat vandeesmaand in Suid-Afrika is, die sendelinge wat steeds in aanhouding is in Mosambiek en ’n kragtige bekeringsgetuienis – “’n Damaskus-Ervaring In My Lapa”.

Dit is slegs ’n paar van ons interessante en opbouende artikels. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

–  Jimmy En Anri Powell – ’n Genadepad Van Volkome Herstel
–  Nuus
–  Kwinkslae En Slimmighede
–  ’n Eie Sinode Vir Skrifgetroue NG Gemeentes
–  Ons Lewe In ’n Deelnemende Demokrasie
–  Damesprojek, Twee of Meer
–  ’n Woord Van Bemoediging En ’n Waarskuwing
–  Tien Joodse Bybelse Feite
–  Kweek ’n Goddelike Huwelik
–  Gewortel In God Se Liefde
–  Wat Is Die Doop?
–  Vyf Mense In Die Bybel Wat Deur Moeilike Tye Gekom Het
–  William Tyndale
–  Manwees In ’n Ontmande Wêreld
–  Hoe Om Op Passiewe Aggressie Te Reageer
–  Vier Stappe Om Irriterende Gedrag Te Hanteer
–  Vyf Stappe Om Vertroue In Julle Huwelik Te Herstel
–  Berei Paartjies Vir Die Huwelik Voor Met ’n Bybelse Benadering
–  As Die Wolk Skuif
–  Het Jy Geweet?
–  Karakters Van Die Bybel: Elia
–  Die Gelykenisse Van Jesus
–  Ek Weet Dit Was U, Here
–  Sendelinge Steeds In Aanhouding In Mosambiek
–  Joshua Aaron, Gesalfde Israelse Aanbiddingsleier
–  Dubbele Oes – CfaN
–  Die Ware Koste Om Jesus Te Volg – Geopende Deure
–  ’n Damaskus-Ervaring In My Lapa
–  David Malherbe: Ervare, Kundige En Bekwame Konsultant
–  Ou Liefde Is Nie Koue Liefde Nie: Lourieke Haller
–  Haat Verwoes: Rudi Briel
–  Hoe Help Jy Tieners Se Geloof: Herman De Kock
–  Vreeslose Vertroue: Lehane Oosthuizen
  Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
–  Redakteursbrief
–  Woefwyshede
–  Briewe
–  Blokraai
–  Bybelvasvra
–  Soek Die Woord
–  Inkleurpret
–  Vra Jou Vrae