Januarie/Februarie 2014
Ons skop die jaar af met ʼn Januarie/Februarie-uitgawe propvol pittige artikels. In ‘Natuurrampe’ word die kwessie oor wie in beheer van die weer is, aangespreek. Daar is ʼn insiggewende artikel wat aspekte rondom die heilige standaarde van die Kerk en moderne norme vir bruidsrokke debatteer. Stephan Joubert draai ook nie doekies om in sy artikel oor ‘ongemaklike waarhede’ wat onder die mat ingevee word nie. Lees twee interessante artikels oor die skepping en ewolusie: ‘Ewolusie: ʼn Antieke, Heidense Idee’ en ‘Arendsvlerke Tegnologie Ver Vooruit’. Ons geskiedenisreeks word voortgesit met ʼn artikel oor Generaal de Wet. In ons Bybel in ʼn Neutedopreeks word die boek Rut behandel en in ons reeks oor die Tien Gebooie word die Agtste gebod bespreek. Kom put verdere inspirasie uit artikels van ds. Dirkie van der Spuy en Retah McPherson in JUIG! Tydskrif, wat 6 Januarie op die winkelrakke beskikbaar sal wees.
- Die Wêreldekonomie Verduidelik Met Koeie
- Voorspoedige & Geseënde Nuwe Jaar: Dirkie Van Der Spuy
- Raak Dringend: Stephan Joubert
- Pastoor Kanselleer Kerktroue Weens die Bruid Se ‘Onbetaamlike Rok’
- Natuurrampe
- Ewolusie: ʼn Antieke, Heidense Idee
- Arendsvlerke Tegnologie Ver Vooruit
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Rut
- Dieselfde Gesindheid Moet In Julle Wees: Retah McPherson
- Bid Meer, Praat Minder ̶ Angus Buchan
- Die Agtste Gebod: Jy Mag Nie Steel Nie
- Die Volle Betekenis Van Vergifnis
- Die Reis Na Nugterheid
- ʼn Moeder & Dogter Se Hoop In Die Filippyne ̶ Geopende Deure
- Geroep Na Israel
- Lof Met Louis ̶ Wees Waar Die Lewe Is
- Nogtans Sal Ek Jubel: Neal Van Den Berg
- Lig In Duisternis
- Potchefstroom
- Generaal De Wet