JUIG! Maart 2015
JUIG! Maart 2015
In ons vrolike Maart-uitgawe is daar heelwat om jou siel mee te voed en te midde van al die slegte nuus en beurtkrag iets te lees wat jou sal bemoedig en versterk. Die artikel, ‘God is vir ons’, fokus op Romeine 8:31: “As God vir is ons, wie kan teen ons wees?” en herinner ons aan ʼn paar onveranderlike waarhede. Lees in ‘Seisoene van die lewe’ hoe om die beste te maak van elke lewensfase en die middeljare van ʼn ‘krisis’ na ʼn suksesverhaal te verander. Ons bied ook iets vir liggaamlike gesondheid met ons voorbladartikel en Johan Jacobs, van Go Natural, se nuwe reeks oor gesondheid. Ons bekyk die gevare van die ‘skynwêreld’ van sosiale media en rekenaarspeletjies en hoe om ons kinders te midde hiervan te lei en toe te rus om hierdie tegnologiese eeu te hanteer. Pastoor Jay Jay Eras van Shofar vertel van sy bekering van dwelms en die nagklublewe tot iemand wat Jesus hart en siel dien. Lees ook bemoedigende getuienisse van die werk wat Geopende Deure en FEBA verrig en laat Stephan Joubert se artikel, ‘As Jesus eerste is’ jou uitdaag. Ons verwelkom ook in hierdie uitgawe vir ds. Elza Meyer wat een van ons nuwe medewerkers vir die jaar is. Lees gerus haar artikel, ‘Twee strategieë vir lewe’, wat ons nooi om weer by die ‘Boom van die lewe’ uit te kom! JUIG! se Maart-uitgawe sal 16 Februarie op die rakke beskikbaar wees, maak seker jy kry joune!
- “Bran-vlokkies”
- Hulle Het Hom Misgekyk
- My Hartsbegeerte En Gebed Na God...
- Geopende Deure ̶ Hoe Om In Die Donker Te Dans
- Jesus Het Altyd Tyd Vir My ̶ FEBA
- God & Wetenskap
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Spreuke (deel 2)
- Die Keursnit: Daniel Kolenda
- Die Mynveld Van Materialisme
- Die Fontein Van Die Hart: Angus Buchan
- God Is Vir Ons
- Twee Strategieë Vir Lewe: Elza Meyer
- As Jesus Eerste Is, Kom Persoonlike Veiligheid Eerste: Stephan Joubert
- Vra Vir ʼn Handdoek Nie ʼn Titel Nie
- Jou Beste Lewe ̶ Gesond In Liggaam & Gees
- Go Natural
- Ons Kinders Se Skynwêreld
- Die Boodskap Van Die Bybel
- Jay Jay Eras Uit Duisternis Na Die Lig
- Seisoene Van Die Lewe ̶ Middeljare En Ander ‘Krisisse’
- Pastoor Fred Joseph
- Andries Enslin Nou Op Kruiskyk!
- Tygerberg 104FM ̶ Christen-Kalender 2015
- Op Die Man Af ̶ 104Concerts Christen-Musiek Uit Die Boonste Rakke